Jy bekommer jou soms oor onnodige dinge

71

Jy stres oor alles. Dat jou man iemand anders bo jou sal verkies. Dat jy nie jou kinders reg grootmaak of dat hulle nie gelukkig is nie. Jy is bekommerd dat jy nie jou werk goed genoeg doen nie of oortollig verklaar kan word.

Die wêreld is deurmekaar en baie onseker, dis waar. En jy is bang dat jy nie alles sal kan hanteer nie. As daar net iets kleins verkeerd gaan in ’n dag, keer dit die hele appelkar om.

Wanneer jy egter so angstig en gestres voel en toelaat dat jou vrese oorneem, verloor jy die vrede in jou binneste.

Onthou, bekommernis is nie noodwendig die werklikheid nie, maar jou waarneming en reaksie op wat jy as jou werklikheid beskou.

Daardie adrenalien wat jy tydens ’n stressituasie afskei, kan soms nodig wees om jou tot aksie aan te spoor. Dit is egter nie ’n goeie motiveerder nie, want vrees bring ’n mens net so vêr.

Wanneer jy die probleem groter as die oplossing maak, is jy besig om negatief, in plaas van positief, te dink.

Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie (Matteus 10: 29)

Vorige artikelHanna Grobler: “Ek wil altyd dinge beter maak vir ander”
Volgende artikel[PODSENDING] Afskeid ná die dood van ’n geliefde [Reeks 2 Nommer 4]