Stres jy aanmekaar oor “wat as?”

40

Daar was ’n man wat aan almal vertel het hy is besig om ’n boot te bou. Hy het ure agter die toe deure van sy skuur spandeer.

’n Paar jaar nadat hy die projek begin het, kon een van sy vriende dit nie meer hou nie. Hy het ongenooid daar ingestap. Daar was niks.

“Waar is jou boot?” het hy sy vriend gevra.

“Ek beplan dit nog. Voordat ek begin, moet ek elke detail uitwerk. Ek moet seker maak ek doen niks verkeerd nie, want wat as dit nie reg is nie?” het sy vriend geantwoord.

Dis goed om voorbereid te wees, maar ons kan nie altyd die uitkoms beheer nie. Navorsing het bewys dat die meeste bekommernisse nie oor dinge gaan wat regtig verkeerd is nie, maar oor wat moontlik kan verkeerd loop.

Ons wonder: Wat as … mense nie van my hou nie? Wat as … iets verkeerd loop? Wat as … ek nie perfek is of dinge perfek doen nie? Wat as … daar môre nie genoeg geld is nie of my projek faal? Wat as … my tiener met die verkeerde maats deurmekaar raak?

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ’n loflied sing. Hy is my helper en my God! (Psalm 42:12)

Vorige artikelNegatiewe gedagtes, negatiewe lewe
Volgende artikelKeer dat bekommernis jou lewe oorneem