Redes waarom jy altyd moeg voel

124

Soms is daar ’n maklike verduideliking vir moegheid en uitputting, soos te min slaap of as jy te veel geoefen het. Vind uit of dit slegte gewoontes of iets ernstig is wat jou energie knou.

Kos, koeldrank en lekkernye met baie suiker in het ’n hoë glisemiese lading. Dit veroorsaak ’n skielike energie-inspuiting, gevolg deur ’n skerp daling in energie wat jou waarskynlik weer na soetgoed wil laat gryp.

Só ’n dieet veroorsaak lomerigheid, tamheid bedags en swakker slaap. Op die lange duur kan ’n dieet van verfynde koolhidrate, soos dié in brood en pasta, soetgoed en koeldrank, chroniese moegheid in die vorm van insulienweerstandigheid en prediabetes veroorsaak.

Beperk bygevoegde suiker tot 25 g (sowat 6 teelepels) per dag. Jy hoef nie natuurlike suiker in groente en vrugte te vermy nie, maar eet liefs minder lekkergoed, koek, gaskoeldrank en sjokolade.

Lae bloeddruk is ’n algemene oorsaak van moegheid. Die gevolg hiervan is dat daar nie genoeg bloed en dus suurstof na die brein en spiere vloei nie. Dit kan jou konsentrasie en produktiwiteit beïnvloed.

Skaf ’n multivitamien met ginseng aan om jou bloeddruk te normaliseer. Dit kan ook jou bloedsuikervlak verlaag.

Laat jou skildklierfunksie toets as jy heeltyd moeg voel. Jou liggaam het ’n aantal hormone nodig om jou energie te gee. As jou skildklier te min produseer, kan dit jou moeg of depressief laat voel. Dit staan as hipotiroïdisme bekend.

Vorige artikelHOE OM… te sê “vergewe my”
Volgende artikel[VIDEO] Geestelike groei bring verantwoordelikheid mee