Hoe kry ek voller wenkbroue?

82

Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig en kan ’n groot verskil aan jou voorkoms maak. Dit is gelukkig baie maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep.

Dié welige look was nie altyd mode nie en baie vroue het heeltemal te veel gepluk. Die nuutste stileringstegniek maak van seep gebruik. Dit gee ’n baie natuurlike voorkoms en is ideaal vir mense met voller wenkbroue.

Vryf jou borseltjie oor ’n nat sepie en kam die hele wenkbrou uit, eers in ’n opwaartse rigting en dan horisontaal. Die seep help om die haartjies in plek te hou. Jy kan ook wenkbrouwaks gebruik.

Begin inkleur deur klein, sagte strepies te trek. Moenie probeer om die vorm heeltemal te verander nie. Werk eerder saam met die natuurlik vorm van jou wenkbroue. Potloodstrepe alleen kan onafgerond lyk. Wend poeier oor die potlood aan om die kleur op te helder en ekstra dikte te gee.

Vir daardie ongelooflike gedefinieerde prentjie wat ons dikwels op sosiale media sien, gebruik ons ’n poeier wat dieselfde kleur of een skakering donkerder as jou wenkbroue is.

Kam die haartjies op- en sywaarts. Trek met ’n skuinsborseltjie die onderkant van die wenkbrou na. Doen dieselfde aan die bokant om die buitelyne te kry. Vul nou die res met poeier in.

Ná die tyd kan jy verbloemer reg om die wenkbrou aanwend om die lyne te verskerp.

Om ’n natuurlike voorkoms te skep en meer volume te kry, kan jy ’n wenkbroujel aanwend. Kam die haartjies op- en uitwaarts. Doop ’n kleinerige skuinsborsel in die jel. Teken met op- en sywaartse hale die wenkbroue een vir een in. Om ’n ombré-effek te verkry, kan jy die eerste derde minder as die res inkleur.

 –Jolanda Bedeker en Tanya van der Merwe, JB Makeup