Wenke om haarprobleme op te los

32

Uitgedroog. Verbleik. Yl. Ons hare het ’n unieke manier om ons te laat weet wanneer iets nie reg is nie. Hier is ’n paar van die algemeenste haarprobleme en wenke om dit teen te werk

Die kombinasie van direkte sonlig, hitte en wind kan jou hare uitdroog en die kleur verbleik. Dit laat vog uit die hare verdamp en ontbloot die melanien wat jou haarkleur laat verbleik.

Haardroërs en haartange droog ook jou hare uit en laat dit makliker breek. Dit kan tot permanente skade lei.

’n Oor- of onderaktiewe skildklier asook siekte, sekere medikasie, hormonale veranderinge ná ’n geboorte of menopouse kan haarverlies veroorsaak.

Gebruik sulfaatvrye sjampoe vir haarverlies en fokus eerder op die kopvel as die hare self wanneer jy dit invryf. ’n Opknapper sal verhoed dat jou hare breek.

Oormatige stres ontwrig die hare se natuurlike groei- en uitvalproses. Dis normaal om tussen 50 en 100 hare ’n dag te verloor, maar stres laat tien keer meer uitval.

As jy nie genoeg proteïene inkry nie, kan jou hare se groei stilstaan, wat dun, yl hare beteken. Griekse jogurt is ’n goeie bron van proteïene en bevat ook vitamien B wat die bloedvloei na jou kopvel verbeter, hare help groei en haarverlies kan teenwerk.

Te min yster kan ook tot haarverlies lei. Rooivleis – veral lewer – is ’n goeie bron, asook vetterige vis soos salm en sardyne

Vorige artikelWenke vir moeilike gesprekke met jou kind
Volgende artikel[VIDEO] Afskeid ná die dood van ’n geliefde