10 min. + baktyd 15 min. 8-10 mense
BESTANDDELE
100 g wit gepofte rys
100 g bruin gepofte rys
Vir die sjokoladesous
1 e karamelgeursel
1 e vanillageursel
2 e olyfolie
4 e rou heuning
50 g amandelneutbotter
3 e rou kakao, opgehoop
2 t woestynsout
METODE
1 Stel die oond op 150 °C. Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei.
2 Meng die wit en bruin pofrys saam in ’n mengbak.
3 Meng die bestanddele vir die sjokoladesous in ’n bakkie tot egalig gemeng.
4 Voeg by die rys en meng goed.
5 Plaas op bakplaat en bak vir 8 minute in oond, roer en bak vir nog 7 minute.
6 Laat afkoel vir ten minste 45 minute.
7 Bêre in ’n lugdigte houer.
Izelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.