Verloor natuurlik gewig

46

Om gewig te verloor gaan van jou vra om jou leefstyl aan te pas. Deur gereeld en gesond te eet en te oefen, sal jy nie net die vetjies afskud nie, maar dit ook afhou, skryf DANELLE DREYER, eienaar van ’n gesondheidskliniek en finalis van die realiteitsreeks Ster–Status.

Die geheim van natuurlike gewigsverlies is om elke twee en ’n half tot drie uur ’n dag te eet. As jy dit in jou daaglikse leefstyl deurvoer, is dit moontlik om gewig te verloor. En nog belangriker, jou gewig in stand te hou.

Begin jou oggend vroeg sodat jou metabolisme aan die gang kan kom. Deur gereeld deur die dag iets te eet, hou jy jou metabolisme die heeltyd aan die gang. Heelwat energie en vet word in die proses verbrand.

Dit hang natuurlik alles van kalorieë en porsies af. As jy jou kalorie-inname beperk, sal jy vet verbrand, al eet jy gereeld. Dit is die basiese beginsel waarop gewigsverlies gegrond is.

’n Voorbeeld van vyf gesonde maaltye per dag begin oudergewoonte met hawermout vir ontbyt. ’n Groen appel is ’n gesonde peuselhappie vir later in die oggend. Kies iets soos hoenderslaai vir middagete.

’n Whey protein shake is ook ’n gesonde keuse vir ’n peuselhappie deur die dag, so ook ’n klein porsie vetvrye biltong of amandels.

Vir aandete is dit maer vleis soos hoenderfilette met groen groentes. Geur dit met sout en peper en maak dit op verskillende maniere gaar.

’n Mens moet koolhidrate inneem. Sit dit egter by ’n middagporsie sodat jou liggaam dit voor slaaptyd verbrand. Maak byvoorbeeld kerriemaalvleis met bruinrys sonder aartappel en wortel. Eet dit saam met ’n groen groente vir middagete.

Koolhidrate wat nie verbrand word nie, sit om in vet. ’n Aartappel voor slaaptyd is byvoorbeeld nie ’n goeie idee nie. Dit is energie wat verbrand moet word en gaan beslis nie gebeur terwyl jy op die bed lê nie.

Cravings ontstaan gewoonlik wanneer ’n mens nie gereeld eet nie. Jou liggaam soek energie en jy gryp na ’n sjokolade – die verkeerde manier. As jy jou voorbereiding doen om vyf keer ’n dag te eet, gaan hongerpyne en cravings jou nie oorval nie.

Goeie raad om jou soet-lus te bevredig, is om ’n shake te kry met ’n geur waarvan jy hou, soos sjokolade. En moenie vergeet van water nie – twee tot drie liter ’n dag. Saam met jou vyf etes, sal dit die hongerpyne en cravings weghou.

Alle oefeninge is nie vir almal nie. Almal hou byvoorbeeld nie van hardloop nie. Kry dan iets waarvan jý hou, soos dans of Zumba. As daar nie ’n dansskool naby jou is nie, sit ’n liedjie aan en dans. Doen net jou kardio-oefening.

Begin deur te commit vir ’n halfuur drie keer ’n week. Vestig ’n roetine. As jy nie Maandag en Dinsdag geoefen het nie, oefen Woensdag, Donderdag en Vrydag. Dit raak dalk selfs ’n vyf-dag-roetine. Só kry jy die beste resultate en kan jy jou naweek geniet.

Elke keer as jy oefeninge doen, word die goedvoel-hormoon dopamien in jou liggaam vrygestel. Dit is daarom nie net goed vir jou gesondheid nie, dit is ook goed vir jou siel.
n die lewe te bederf nie. Want eet ís ’n lekkerte, en só moet dit bly!

Vorige artikel’n Ma maak foute, vergewe jouself!
Volgende artikelDit is belangrik om altyd op te staan