Is daar ’n ideale ouerskapstyl?

42

Volgens kenners kan ’n oorbeskermende ouerskapstyl ’n kind op die lang termyn meer skade berokken as onderbeskerming.

Dit is belangrik om te onderskei wanneer iets gewaagd is en wanneer dit gevaarlik is.

Oorbeskerming is om nie gewaagde gedrag, soos ’n sesjarige wat met ’n valhelm op ’n veilige plek fietsry, toe te laat nie.

Onderbeskerming is weer om gevaarlike gedrag toe te laat, soos ’n sesjarige wat alleen in die donker fietsry.

Albei is nadelig vir ontwikkeling, maar die oorbeskermende kind is op die lang termyn slegter af.

Leer hulle om onafhanklik te speel en te ondersoek. Dit help met probleemoplossing, bou selfvertroue en versterk familiebande.

 – Rhona Erasmus

Kliek op voelgoed.co.za/pienkvoetpret vir ouerskapvideo’s vir jong ma’s.