Jou kind leer deur te speel

84
Anelia Prinsloo

Kinders leer hoe om te leef deur te speel. Speel help om selfwaarde op te bou deur hulle ’n gevoel van hulle vermoëns te gee.

’n Baba begin uit blote nuuskierigheid speel. So leer en ontdek hy die wêreld om hom, asook sy eie liggaam en vermoëns.

Pret en kreatiwiteit, waar dit nie oor prestasie gaan nie, laat sy unieke talente na vore kom. Geniet die leerproses saam met hom.

Laat hom toe om nuwe dinge te probeer sonder om oor die eindresultaat te bekommer.

Weet wanneer uitbundige speel genoeg is en sorg ook vir tyd vir ontspanning en rustig-wees.

 –Anelia Prinsloo, Pienkvoet-Pret

Vorige artikelDie redes hoekom jy altyd moeg voel
Volgende artikel[VIDEO] Benut jou bates vir groter finansiële voordeel