Leer kinders om verandering te hanteer

116

Een van die belangrikste vaardighede wat jy vir jou kind kan leer, is om onafwendbare veranderinge as ’n geleentheid eerder as ’n bedreiging te sien.

Ons geluk, vooruitgang en die vermoë om kwaliteitverhoudings te bou, is afhanklik van ons bereidwilligheid om verandering te hanteer. Ons moet ook ons kinders van kleins af met ’n aanpasbare denkwyse en lewensuitkyk grootmaak.

Die doeltreffendste manier om dit te doen, is om self aanpasbaar te wees. Hou op kla, dit mors energie. Moenie ander blameer wanneer dinge nie uitwerk nie en sien verandering as ’n manier om te groei.

Wees positief en droom groot!

– Rhona Erasmus, Pienkvoet-Pret

Vorige artikelHoe om jou stempel af te druk
Volgende artikelReynardt Hugo:“Hier is my storie van hoop – opreg rou en eerlik”