Maak elke dag tyd vir jou kind

73

Die meeste van ons sou graag meer tyd saam met ons kinders wou deurbring.

Maar met voltydse beroepe en verantwoordelikhede is dit nie altyd moontlik nie.

Gelukkig lê die mooi van ouerskap en verhoudingsbou veel meer in die herinneringe wat ons saam skep as in die hoeveelheid ure wat ons saam spandeer.

Van belang is hoe sinvol ons die tyd tot ons beskikking aanwend.

Maak seker dat hulle iewers elke dag jou onverdeelde aandag kry. Dit laat hulle geborge en geliefd voel.

Speel en lag saam met hulle. Gesels oor die dag wat verby is of oor die een wat voorlê.

– Rhona Erasmus

Vorige artikel[PODSENDING] Geestelike groei bring verantwoordelikheid mee [Reeks 1 Nommer 8]
Volgende artikelGod se perfekte plan vir jou lewe!