Vergeet van die werk–lewe–balans–mite

115

Die samelewig wil ons wysmaak om suksesvol te wees moet jy ’n goeie werk-lewe-balans handhaaf. Dit beteken eweredige aandag tussen ma-wees, vrouwees en jou beroep. Maar is dit nodig?

Om moontlik 24 uur, 7 dae ’n week gebalanseerd te lewe, is nie werklik moontlik nie.

Nie dat ons nie by tye ’n mate van ewewigtigheid kan bekom nie, maar dit is nie ’n plek waar jy vir lank kan vertoef nie.

Geniet daardie pragtige oomblikke wanneer jou lewe in balans voel, maar vermy te alle koste om die illusie van konstante ewewig te probeer najaag sodat jy al die aspekte van ma-wees, moeg-wees en alles-in-een-wees met vreugde kan beleef.

– Rhona Erasmus

Vorige artikelRiana Nel: “Ek kies om te bly glo, my foute en al …” [Deel 1]
Volgende artikelWat die Bybel sê oor… swaar tye