As die woorde wat jy gepraat het op jou vel verskyn het, sou jy nog mooi wees?

Elke dag gebruik ons woorde om uit te druk hoe ons voel. Woorde is een van die belangrikste vorms van kommunikasie.

‘n Vreemde versameling klanke wat op een of ander manier vir ons sin maak as woorde. Nogals mal neh? As jy daarin dink, is woorde die episentrum van wie ons is. Maar ons woorde spreek uit wie ons is. Woorde beteken eintlik iets.

Hulle kan iemand seermaak of opbou, dit kan iemand bemoedig of inspireer, onderrig of net die teenoorgestelde wees. Woorde is ons eerste inleiding tot kommunikasie, uitdrukking en begrip.  So hoekom is dit dat in hierdie wêreld waarin ons woon, ons woorde gebruik soos ‘n stuk papier om weggegooi te word?

Ons sê net dinge asof dit nie saak maak nie, ons gebruik woorde om seer te maak, te vernietig en te jok. Ons gooi woorde doelgerig rond en soms agter die skerms van rekenaars en selfone.

Ek het so rukkie terug die aanhaling gehoor,en ek het na gedink daaroor: “As ek elke woord moes hê wat ek gepraat, getik, en gedink het, op my hande en bene waar almal hulle kon sien, sal ek trots wees om dit te wys? My antwoord is eenvoudig, nee! Ek het al dinge gesê wat ek nie kan terugneem nie.

Ek het al mense seergemaak met my woorde.  Maar mens dink nie versigtig aan wat mens altyd sê nie, en ek is self skuldig daaraan. Ons as mens, jonk en oud is skuldig daaraan. Soos ek al vroeër geskryf het; ‘n mens se tong het nie bene nie, maar is sterk genoeg om harte te breek’’. Woorde sny soms dieper as enige mes, maar woorde kan ook iemand se lewe red.

Dis jou keuse hoe jy dit gebruik. Kies dus jou woorde versigtig, ons het elkeen tog ‘n verantwoordelikheid om ons woorde verstandig te gebruik. Woorde het energie en krag met die vermoë om te help, om te genees, te belemmer, seer te maak, verneder en nederig te wees.

Soms wonder ek, of alle mense besef dat die woorde wat hul sê ‘n uitwerking het op ander mense? Want ons ignoreer soms daardie werklikheid wanneer ons, ons monde oopmaak.

Die Bybelvers Spreuke 15 vers 4, is so gepas: Vriendelike woorde bring lewe, bedrieglike woorde vernietig mense.

As ons kon kies om ons woorde meer wyser te gebruik, kan jy jouself voorstel aan meer selfversekerde mense, hoeveel meer mense meer gemotiveerd sou wees en meer dinge kon bereik?

Versprei elke dag vreugde, genade en bemoediging met jou woorde.