As jy glo, is die vraag: Wat gaan jy daaromtrent doen?

0
233
believe.jpg

’n Dosyn siele – wat almal in verskillende rigtings beweeg, smagtend na iets méér. Wanneer hulle lewenspaaie onverwags met mekaar begin kruis, kom elkeen op die punt om te ontdek daar is krag in die Kruis van Christus… selfs al glo hulle dit nog nie.

Die skeppers van God’s Not Dead bied nou die ontroerende nuwe film DO YOU BELIEVE? aan fliekgangers. Dit begin in Mei vanjaar in teaters wys.

b3.jpgOp pad huis toe in sy motor laat een aand in Chicago word ’n pastoor tot in sy diepste wese geruk deur die sigbare, waagmoedige geloof van ’n bejaarde prediker op ’n straathoek. Die ontmoeting herinner pastoor Matthew kragtig daaraan dat ware geloof altyd optrede vra. Maar hy het nie kon dink hoe ver die impak sal strek wanneer hy die boodskap van die Kruis begin preek – en uitleef – nie.

Dit begin by sy huis, waar sy nuutgevonde deernis beide Matthew en sy vrou, Grace, uitdaag tot ’n bediening aan Maggie, ’n hawelose swanger tiener, en haar ongebore kind.

b2.jpgDie invloed strek verder tot by Bobby, ’n paramedikus wat dapper sy geloof by die werk uitleef, asook Bobby se vrou, Elena, ’n noodgevalle-verpleegster wat oënskynlik die plesier van hierdie wêreld verkies bo die hoop van die wêreld hierná.

Die krag van die Kruis raak ook Carlos aan, Elena se broer, wat ’n stryd voer teen die demone uit sy tyd as soldaat in die oorlog, en vir Lacey, wie se pad van selfvernietiging ook op Carlos ’n impak het.

 

b4.jpgDan is daar Andrea, ’n prokureur wat haar daarop beroem dat sy geloof uit haar openbare lewe hou, en haar spesiale vriend, dr. Farrell, wie se sterkste geloof in homself lê en in wat hy met sy verstand kan begryp.

Dit strek tot in die noodgevalle-afdeling, waar Joe, wat skynbaar aan die verloorkant van ’n gesondheidskrisis is, maar reeds duidelik die oorwinning sien wat vir hom in die ewigheid wag, vriende maak met die jong Lily, wat steeds hoopvol bly hoewel sy in skuilings vir haweloses en van tyd tot tyd in ’n motor bly saam met haar lewensmoeë ma, Samantha.

Daar is ook J.D., wat oortuig is daarvan dat God die goeie uit tragedie kan voortbring, en sy vrou, Teri, wat nog al die jare rou en glo haar lewe het tot ’n einde gekom die dag toe hulle dogter dood is.

Die kringloop word voltooi met die bendelede Kriminal en Pretty Boy en die straatprediker, Malachi, wat die vonk verskaf vir hierdie geloofgedrewe reis wat ’n kragtige impak maak op almal op maniere wat slegs God self kon orkestreer.

DO YOU BELIEVE? het ’n sterbelaaide rolverdeling, met Oscarwenner Mira Sorvino, Sean Astin, Alexa PenaVega, Ted McGinley, Cybill Shepherd, Lee Majors, Andrea Logan White, Delroy Lindo, Madison Pettis en Brian Bosworth. Chuck Konzelman en Cary Solomon, die skrywerspan van God’s Not Dead, was ook verantwoordelik vir die draaiboek van DO YOU BELIEVE? Die vervaardigers is Michael Scott, David A.R. White, Russell Wolfe en Elizabeth Travis.

Die film begin op 8 Mei 2015 in rolprentteaters draai. DO YOU BELIEVE? is meer as ’n fliek – dis ’n vraag wat ons almal in ons leeftyd moet beantwoord: DO YOU BELIEVE?

DEEL
Vorige artikelVir amper ewig jonk
Volgende artikelSlaap
Voelgoed
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.