As kind het ons oulike liedjies in die Sondagskool gesing

As kind het ons oulike liedjies in die Sondagskool gesing; hierdie klein liggie van my, Petrus en Johannes en Jakobus in die seilboot, trek hulle uit, gooi hulle weg en vele ander.

Daar is egter een wat ek met oorgawe gesing het en elke oomblik daarvan geniet het.  Dit het my groot vreugde verskaf aangesien dit my soos ‘n oorwinnaar laat voel het. Ek deel dit graag met jou; the devil is a slide old fox, if I could catch him I’ll put him in a box, I’ll lock the door and loose the keys for all the tricks he played on me…

Dit is gewis waar dat die duiwel slinks en uitgeslape is. Sy slinkse benadering verraai sy ware karakter. Hy is ‘n bedrieglike indringer. Hy gebruik subtiele maniere met slinkse insette. Hy is ‘n slu opportunis en weet dat mismoedigheid ons kan verswak en ons kwesbaar kan maak.

Hy gebruik ook die lustige kuns van propaganda om jou denkwyse aan te tas, helder denke en onderskeidingsvermoë te belemmer en individue te kondisioneer om as deel van die massa op te tree.

Wat moet ons weet? Satan sal altyd teen ons kom. Sy strategie is om te vernietig.

Christus is vir ons, Hy is liefde, Sy hart vir ons is genade, vergifnis en oorwinning! Hy gee aan ons die Heilige Gees om ons te troos, te lei, te versterk en om meer as oorwinnaars te wees. Hy skenk aan ons kragtige beloftes, sodat ons dit oor en oor kan bely, daarop kan fokus om sodoende die aanvalle van Satan af te weer. Groter is HY wat in ons is, as hy wat in die wêreld is.

Haal jou oë af van die brullende reuse in jou lewe en sien die triomferende Christus wat jou nooit sal begewe of verlaat nie.

Vorige artikelWanhoop = Hoop
Volgende artikel“Man-flu” 101
Blogger - Lynette Beer
Lynette was ‘n direkteur in ‘n suksesvolle internasionale groep maatskappye waar sy verantwoordelik was vir bemarking en die persoonlike ontwikkelling van personeel. Sy het die temperamentmodel gebruik om ‘n nuwe produk saam te stel. In 2007 ontvang sy ‘n toekenning in haar industrie vir die mees suksesvolle besigheidskonsep en was bevoorreg om besigheidsaanbiedinge in Times Square, New York, sowel as in Londen te doen. Lynette Beer is ’n gepubliseerde skrywer van Carpe Diem Uitgewers met haar nuutste boek “Watter kleur is jou persoonlikheid” Sy het ook die “Presidential” toekenning verower by die Besigheidsvrou van die jaar funksie wat aangebied word deur die Nasionale Raad vir Sakevroue (SACBW). Besoek haar webwerf: www.lynettebeer.co.za.