Aspersie-en-sampioentertjies met mascarpone

0
142
mushroom.png

Muffinpanne is nie meer net vir muffins bak nie, maar vir pasteitjies, ’n hele ontbyt én selfs aandete.

Genoeg vir 12 tertjies
Tyd: 1 uur 10 minute

BESTANDDELE
1 x 400 g blaardeeg
12 aspersiestingels, maar behou die puntjies
250 g baba-knopiesampioene
250 g mascarponekaas
4 groot eiers
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
100 g fetakaas, gekrummel, plus ekstra vir opdiening

METODE
1. Stel die oond op 200 °C.
2. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny in groottes wat in die holtes van ’n muffinpan sal pas.
3. Bring ’n groot kastrol kookwater tot kookpunt en kook die aspersiestingels en sampioene vir 5 minute. Haal uit die kastrol en dompel in ’n bak yswater. Dreineer en hou eenkant.
4. Kook die aspersiepunte afsonderlik vir 3 minute en plaas in yswater.
5. Plaas die aspersiestingels, sampioene, mascarpone en eiers in ’n bakkie en geur. Gebruik ’n handmenger om alles vinnig te klits tot ’n skuimende, gladde, groen mengsel.
6. Skep die aspersiemengsel in die voorbereide deegholtes en steek ’n aspersiepunt in elke tertjie. Sprinkel die feta oor en bak tot die mengsel gepof is en gestol het, ongeveer 15 minute. Laat afkoel voordat dit uit die pan gehaal word en sit voor met ekstra feta.

Deur Anna Montali. Foto: Roelene Prinsloo