Bang? “Nee, ek is ’n vreeslose vrou!”

0
285
vreesloos.png

Vreesloos beteken om in hakskoene te hardloop, om kaalvoet in die straat af te loop en cupcakes te bak.

Ons is almal bang vir iets, maar dis nie te sê ons is nie sterk nie. Elke dag bring nuwe uitdagings en elke dag kry ons dit reg om ons probleme op te los. Dis wat ons so besonders maak. So gaan kyk in die spieël en sê vir jouself: “Ek is vreesloos!” En as jy nie daardie woorde met volle selfvertroue sê nie, dan is hierdie 6 wenke ideaal vir jou:

1. Maak ‘twyfel’ iets van die verlede

Om emosioneel sterk te wees begin by selfvertroue. Jy moet in jouself glo. As jy lae selfvertroue het, moet jy jouself nie aan mense steur wat jou probeer onder kry nie. As jy ʼn taak begin, maak dit klaar – maak nie saak hoe moeilik dit is nie. As jy dit uiteindelik voltooi sal jy goed voel oor jouself. Jy sal gou besef dat jy alreeds die krag besit om elke probleem met selfvertroue aan te pak.

2. Moenie net sê nie, doen!

Maak ʼn lysie met doelwitte wat jy graag wil bereik. Fokus daarop om elkeen van hulle stap vir stap te doen. Hoe harder jy daaraan werk, hoe makliker sal dit word om jou doelwitte te bereik.

3. ’n Gesonde leefstyl maak alles beter

“A strong body, makes te mind strong” – Wanneer jou liggaam nie gesond is nie, is dit moeilik om besluite te maak. Alles voel erger wanneer jy nie gesond is nie. Om ʼn gesonde leefstyl te volg het so baie voordele. So gryp maar liewer ʼn piesang in plaas van daardie chocolate.

4. Gee aandag aan jou geestelike kant

Oorweeg dit om saam met ’n vriendin te bid. Spandeer meer tyd buite. Dis altyd lekker om ʼn boek onder ʼn boom te sit en lees. Stop and smell the roses. Maak tyd vir jouself en geniet die lewe.

5. Dis belangrik om vriendinne te hê

Wanneer jy om mense is wat jou laat goed voel, help dit jou om emosioneel sterker te word. Goeie ondersteuning maak moeilike situasies makliker.

6. Doen iets wat vreesaanjaend is

Elkeen van ons is bang vir iets, maar ons kan ons vrese oorkom. Begin klein (vang ʼn spinnekop in ʼn bottel) en later sal jy van jou grootste vrese kan deurwerk.

Kyk hierdie inspirerende video: