BBQ-hoendervlerkies

193

5 min. + gaarmaak 25 tot 30 min.
8 hoendervlerkies

VIR DIE MARINADE

6 e olyfolie
6 e rou heuning
2 e water
3 t Oryx-sout
1 opgehoopte e soet- of gerookte paprika
1 e gedroogde pietersielie
1 e amandelmeel
Vars tiemie en suurlemoenwiggies vir garnering

METODE

1 Voorverhit die oond tot  200 ˚C.
2 Berei ’n bakplaat met kleefsproei voor.
3 Meng die marinade en plaas elke hoendervlerkie daarin totdat dit behoorlik met sous      bedek is.
4 Plaas op bakplaat en sprinkel elkeen met amandelmeel.
5 Bak vir 20 minute, haal uit die oond, skakel die oondrooster aan en rooster vir ’n verdere 10 minute.
6 Bedien warm of koud.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.