Beeldpoetsers

582

Die woord “beeldpoetsers” duik deesdae gereeld op in die media. Onlangs het ons gelees van Bell Pottinger wat as die Guptas se beeldpoetsers opgetree het.

Die woord “beeldpoetsers” duik deesdae gereeld op in die media. Onlangs het ons gelees van Bell Pottinger wat as die Guptas se beeldpoetsers opgetree het.

Vandag lees ek weer in die koerant  dat President Trump sy beeldpoetser binne tien dae na sy aanstelling afgedank het.  Die woord “beeldpoetser” laat my baie wonder. Dit klink soos iemand wat skoene skoonmaak. Aan die een kant is dit seker gewoonweg maar net ʼn bemarker. Aan die ander kant kan ek nie help om so ʼn klein bietjie ʼn negatiewe konnotasie aan die woord se betekenis te heg nie. Dit klink so of ʼn mens iemand nodig het om te help dat ander mense goeie goed oor jou moet dink en sê. Dit voel verder vir my so asof die beeldpoetser die lelike goed moet afstof sodat mense net die mooie moet raaksien – en of alles net op die oppervlakte geskied. Binnekant is jy steeds vuil, maar buitekant lyk jy darem beter. My konnotasie aan die woord is moontlik heeltemal verkeerd, maar ek kan nie help dat dit die beelde is wat in my kop opkom wanneer ek die woord ‘beeldpoetser” hoor nie.

Die Bybel  vertel van ʼn ander manier hoe ons ʼn mooi beeld kan kry, en dit is deur van binnekant af skoon te kom:

Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie. En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God (Kol 3:8–10).

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.