beheer jou lewe vir ’n gelukkiger jy

0
17
emosies.jpg

As jy voel of jou lewe buite beheer is, het jy gewoonlik ook nie die krag of moed om gewig te verloor nie.

’n Gevoel van beheer oor jou eie lewe is noodsaaklik om dinge reg te kry wat energie vat soos om gewig te verloor. Kom ek stel dit anders; hoe minder jy voel dat jy beheer het oor jou lewe, hoe minder gaan jy beheer hê. As ons voel ons het beheer, voel ons sterker, het ons meer selfvertroue en glo ons dat ons kan.

Kyk na vrouens wat oefen, mooi aantrek en interessante dinge doen, hulle lyk sommer gelukkiger en sterker. Jy skep ’n omgewing waarin jy kan floreer wanneer jy jou lewe so organiseer dat jy beheer het. Dit sluit in dat jy die mense moet kies met wie jy jouself omring, hoe jy jou verhoudings bestuur en dat jy maar mag nee sê. Begin vandag om daaraan te werk; doen dit vir jouself!