Bekendes se geheime plesiertjies

0
367
bertha_le_roux.jpg

Chris Vorster eet net een ding vir ontbyt en bieg oor wat hom woedend maak. Bertha le Roux vertel ons wat sy met R50 sou doen.

Bertha le Roux

1. Ek wens ek kon vir my jonger self sê…
Leef in die hede, elke dag is kosbaar.

2. Wat is op die oomblik in jou yskas?
Groente, melk, jogurt, koeldrank, vleis en ʼn versameling konfyt.

3. Beskryf jouself in 3 woorde
Christen, kreatief en liefdevol.

4. Is jy bang vir spinnekoppe?
Glad nie. Ek vang hulle en terg my man daarmee.

5. Wat is jou skoen grote?
8

6. As jy net R50 gehad het wat sou jy daarmee doen?
Movie en popcorn

7. In die volgende 10 jaar wil ek…
My kinders gelukkig grootmaak, sterker word in my geloof en meer God se woord versprei.

8. Wat is jou gunsteling Disney fliek?
Frozen

9. As jy op ʼn verlate eiland moes gaan bly en jy kon net 3 goed saam vat, wat sou dit wees? Hoekom?
Behalwe my geliefdes, ʼn Skryfboek, ʼn kas goeie rooiwyn en ʼn radio. Sodat ek kan neerskryf wat gebeur, die wyn kan drink en dan ʼn klomp bottel boodskappe in die see gooi. Die radio is vir geselskap.

10. Wat was jou heel eerste selfoon?
ʼn Samsung, die eerste selfoon wat kleur op die skerm gehad het – ʼn lekker baksteen met ʼn stukkende arial.

Chris Vorster

chris_vorster.png

1. Ek wens ek kon vir my jonger self sê…
Luister na jou Pa want hy is BAIE wyser as wat jy nou is of ooit sal wees jou arrogante klein snotkop!

2. Honde of katte?
Honde. (Wel, as mens ʼn Yorkie ʼn “hond” kan noem?)

3. Beskryf jouself in 3 woorde
Aan Die Gang.

4. Wat maak jou kwaad?
Selfgesentreerde mense en my swembad.

5. Wat eet jy gewoonlik vir ontbyt?
Altyd Weet-Bix.

6. Word jy enigsins seesiek of karsiek?
Seesiek… selfs op ʼn dam.

7. My guilty pleasure is…
ʼn Bier in die oggend.

8. Is jy links of regs?
Ek praat eerder nie politiek nie! (Regs, maar ek eet links… weird nê!?)

9. Waarvoor is jy allergies?
Vir meeste Afrikaanse doef-doef musiek.

10. Wat is jou gunsteling kleur?
Hang af van my bui. Enige iets van rooi tot swart met blou en pers iewers in die middel.