Bekostigbare Pret vir die Winter

Winter is koud en ons sien heelwat minder son weens die korter dae, maar dis ook ‘n lekker tyd om bietjie te hiberneer en rustig te verkeer by die huis. Dis ‘n goeie tyd om batterye te herlaai vir die laaste helfte van die jaar wat voorlê.

Aangesien dit lekker is om in die winter meer tyd binneshuis te spandeer is dit ook die ideale tyd om bietjie geld te spaar en weg te sit vir daardie lekker Desember-vakansie. Hier is ‘n paar bekostigbare idees om pret te hê in die winter:

  1. Hou ‘n fliekaand met snoesige komberse, springmielies en heerlike warm drankies.
  2. ‘n Karaoke-aand is altyd groot pret met baie lag.
  3. Laat die gesin saam kos maak en verras mekaar met vindingryke nuwe resepte.
  4. Vir diegene wat meer kompeterend van aard is, nooi vriende en familie oor vir ‘n potjiekos-kompetisie.
  5. Trek daardie ou tradisionele bordspeletjies nader en wys jou kinders hoe ons onsself vermaak het voor die dae van I-pads en I-phones.
  6. Gaan haal jou albums uit die kas en beleef al die goeie herinneringe nog ‘n keer.
  7. As jy voel jy wil aktief wees, is daar niks so lekker soos ‘n bergfietsrit of om in die natuur te gaan stap nie.
  8. Laat die hele gesin saam bou aan julle droombord. Werk dan ‘n plan uit om julle drome waar te maak.

Maak die beste van die koue winter en moenie ophou om pret te hê nie.

Vorige artikelSpieëltjie, Spieëltjie van my hart!
Volgende artikelBekentenis van ‘n klotterklaas
Blogger - Ronel Jooste
Ronel Jooste is ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester met meer as ‘n dekade se korporatiewe ervaring in die bank, versekering en beleggingsindustrieë. Huidiglik het sy haar eie finansiële welstand maatskappy genaamd FinanciallyFiTLife. As finansiële coach en konsultant help sy mense met hulle persoonlike finansies; besighede met hulle besigheidsfinansies en bied ook werkswinkels en finansiële welstandprogramme aan. Ronel het haar eie finansiële geselsprogram op All-Time Radio; sy skryf graag artikels vir verskeie publikasies asook haar eie blog; en tree as spreker op by geleenthede waar sy haar passie vir finansiële fiksheid deel. Saam met haar suster besit sy die PhysEQFiT Gastehuis en privaat gym in Centurion. Ronel is ‘n fiksheidsfanatikus en hardloop, gym, gholf en fietsry is deel van haar daaglikse leefstyl. Haar droom is om mense te inspireer om ‘n gesonde, aktiewe, gelukkige en finansieël welvarende leefstyl te leef. Besoek Ronel se webtuiste www.financiallyfitlife.co.za vir meer blogs, hulpmiddels en hoe Ronel jou kan help met persoonlike of besigheidsfinansies.