Bemeester jou vrees en word betyds betaal

Dis mos maklik om geleenthede te vint om te begin bekommer oor klein dingetjies, veral as dit kom by betaling.

Baie keer word ons as entrepreneurs so meegesleur deur die wêreld en ons behoefte om ñ verskil te maak om ander te help, dat ons bereid is om ure en weke of self maande se harde werk op te offer vir GEEN vergoeding nie. Waarom voel ons so skulding om te vra vir betaling?

Romeine 12:12 leer ons om te hoop, geduldig te wees en vertroue in ons gebede te hê, maar ons moet ook ons kant bring. Veral in besigheid. Hier is ñ paar handige wenke wat ons kan bemeester so voor die fakture uitgestuur word.

Ongelukkig leer ons, ons kliënte hoe om ons te behandel, deur dit wat ons toelaat. Die enigste manier vir jou as besigheids eienaar om ernstig deur jou kliënt geneem word, is wanneer jy jou eie besigheid so gaan begin bestuur. Die  eerste manier is om n volledige kontrak op te stel. Ongelukkig as jou terme en voorwaardes nie op papier is nie, kan dit net sowel ook nie bestaan nie.

Tweedens – Maak dit duidelik op jou faktuur, watter deposito of betalings jy op watter dae of stadiums verwag, asook wanneer die finale bedrag vereffe moet wees. Ñ Deposito is altyd ñ goeie idee, want dan sal jy weet watter kliënt is ernstig en watter kliënt net jou tyd gaan mors.

Wees spesifiek wat die implikasies gaan wees, as die beplande betalings nie gemaak gaan word nie. Herhaal hierdie voorwaardes veral vir nuwe kliënte, al is dit net in ñ epos. Ongelukkig begin die meeste probleme by die laaste betaling. Probeer dus so gou as moonlik die faktuur aanstuur sodra die werk afgehandel is. Jy mag dalk net die verkeerde voorbeeld by die kliënt skep as jy te lank wag en dan self langer sal moet wag vir jou betaling.

Dit is ook ñ goeie idee om nie net die faktuur te epos nie, maar ook self te pos. Al is dit net om dubbel seker te maak dat jou kliënt wel die faktuur ontvang. Sluit dalk n vriendelike boodskap in, net sodat hulle weet daar is ñ vriendelike gesig aan die ander kant 😉 Onthou om altyd vriendelik en hoflik te wees. Rekeninge kan vir sommige mense erg stresvol wees want dit is persoonlik van aard.

Laaste –  Maak altyd seker jou kliënt is bewus van die waarde van die besonderse dienste wat jy hulle bied. Onthou dis jou werk as besigheids eienaar om seker te maak jy bly IN besigheid!

DEEL
Vorige artikelWoorde wat bou
Volgende artikelPraat met twee tonge
Blogger - Reshané Viljoen
Professionele Modeontwerper, skilder en besigheidseienaar van Business Women Network. As vrou het ek ondervind dat die pad na sukses stresvol, tydsaam en soms alleen voel. Daarom is my grootste passie om ander vrouens te inspireer, te motiveer en te ondersteun. My besigheidsblad deel graag professionele raad, kennis en besigheidsondersteuning. Dit bied ook ‘n veilige platform aan vrouens om hulle aan te moedig om hulle volle potensiaal te bereik. Volg gerus my Facebook blad, Business Woman Networking Group of webtuiste www.businesswomannetworkgroup.co.za