Bepaal wát jy wil wees

0
82
wie_jy_wil_wees.jpg

Om net te wees (in plaas van altyd na geluk te soek in wat jy doen), beteken dat jy sal moet besluit wie of wat of hoe jy wil wees.

Om net te wees (in plaas van altyd na geluk te soek in wat jy doen), beteken dat jy sal moet besluit wie of wat of hoe jy wil wees.

Wié jy is (jou identiteit), gaan bepaal word deur wát jy wil wees, dus jou doelstelling of roeping. Dit het weer ’n invloed op hóé jy gaan wees.

As jy byvoorbeeld ’n direkteur van ’n maatskappy wil wees, is dit jou doelstelling of roeping. Om dit te bereik, gaan jy die karaktereienskappe toon wat na jou mening by ’n direkteurskap pas. Op grond van jou optrede, word jy dan gekies as ’n direkteur en kan jy sê: Ek is ’n direkteur. Hierdie voorbeeld is baie vereenvoudig, maar dit wil aantoon dat jou identiteit jou koers en geluk help bepaal.

Vra jouself gereeld: Wat wil jy wees?

In die proses om jou doelstelling of roeping te kies, moet jy vir jouself aandui waarin jy goed is. Wat is dié gawe wat jy ontvang het en kan aanwend tot geluk? Luister as iemand iets van jou sê, want selfs in die persoon se kritiek kan daar ’n greintjie waarheid opgesluit wees wat meer van jou gawe vertel.

Dit mag wees dat jy baie goed kan organiseer, skryf, mense goed laat voel, kinders gemaklik laat voel, blomme rangskik, vragmotor bestuur of hekel. Moet ook nie bang wees om in ongemaklike posisie te beland waarin jy dalk net van jou gawes kan ontdek nie. Baie mense se gawes is eers in krisistye ontdek toe hulle moes optree om te oorleef.

Dikwels ontdek jy jou gawe deur dit te doen waarvan jy oorspronklik nie gehou het nie. Indien jy nog nie vaardig is in iets nie, skryf jou in vir ’n kursus. Net die aanraking van een studierigting open die deure tot verwante rigtings en help jou groei in selfvertroue en innerlike krag.

Nog dinge wat bepaal wat jy kan doen

Wat jy wil wees word ook beïnvloed deur die besondere leeftydfase waarin jy verkeer. Hierdie fases van jou lewe ontwikkel deur jou fisieke groei en die gepaardgaande verstandelike en emosionele rypheid. Die kuns is om in elke fase te groei na die volle potensiaal wat daarby pas, anders gaan jy nooit volwasse word en met selfvertroue die lewe aanpak nie. Die geheim is om nie vas te haak in een fase nie, maar die uitdagings van elke fase te hanteer en die betekenis daarvan vir jouself te ontdek.

Om jou roeping te nastreef, sal jy jou eie persoonlikheid en emosionele response in ag moet neem. Daar is verskillende toetse en tipes raadgewers beskikbaar om jou te help om ’n kykie in jou eie aard te kry. Jou persoonlikheid bepaal die manier waarop jy jouself ten opsigte van die lewe as geheel oriënteer. As jy byvoorbeeld ingestel is op verhoudings sal jy nie sommer iets aanpak wat ander se positiewe opinie oor jou kan versteur nie. Is jy meer dominerend sal jy jou nie steur aan ander se opinies in die uitvoer van ’n taak nie.

Die wonderlike is dat daar vir elke tipe temperament ’n plek is!

 

DEEL
Vorige artikelGanseier-frittata met eksotiese sampioene
Volgende artikelGedenkdiens vir 18 leerlinge
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.