● Jy kan jou gunsteling-inspirasievrou nomineer óf jouself inskryf.
● Sowel jy as jou genomineerde moet 18 jaar of ouer wees, en inwoners van Suid-Afrika.
● Kry toestemming van die genomineerde voordat jy haar nomineer, en maak haar bewus van die bepalings en voorwaardes, asook ons privaatheidsbeleid.
● Wanneer jy vir ons die inligting gee, stem jy én die genomineerde in tot ons gebruik daarvan vir die Inspirasievrou-toekenning, en vir die doelwitte wat in ons privaatheidsbeleid uiteengesit word.
● As die genomineerde een van die twintig finaliste is, moet sy beskikbaar wees om op 7 November op eie koste die Inspirasievrou Toekennings in Pretoria by te woon.
● Die sluitingsdatum vir nominasies is 30 April 2026, geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
● Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
● Inskrywings en foto’s word die eiendom van Voelgoed Media, en mag op diskresie van die redakteur gepubliseer word.
● Die langlys van vyftig vroue en die twintig finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir mediadoeleindes wat aan die Inspirasievrou-toekenning gekoppel is.
● Die publiek kan vir hul gunsteling-inspirasievrou vanaf 1 tot 31 Augustus 2025 stem.
● Die langlys van vyftig vroue en die twintig finaliste sal op die Voelgoed-webblad en sosiale media aangekondig word, en ook deur e-pos in kennis gestel word.
● Inskrywingsgeld word gevra om te verseker dat ons ‘n Inspirasievrou-toekenning van hoogstaande gehalte kan aanbied.
● Carpe Diem Media/Voelgoed Media neem geen verantwoordelikheid vir enige skade wat jy, die genomineerde of enige ander persoon opdoen in verband met die Inspirasievrou-toekenning nie.