Bessie-gegeurde panna cotta

0
122
panacotta.jpg

Genoeg vir 8-10
Tyd: 30 min plus stoltyd

BESTANDDELE

  • 25 ml gelatien
  • 50 ml kookwater
  • 300 g gevriesde bessies, ontdooi
  • 1 liter room
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgeskraap
  • 75 g strooisuiker
  • aarbeie, appelliefies en pepermentblare vir garnering

 

METODE

  1. Meng die gelatien en kookwater en hou eenkant.
  2. Verhit die bessies oor lae hitte in ’n kastrol en puree met ’n voedselverwerker. Druk deur ’n sif en hou eenkant.
  3. Verhit die room, kaneel, vanieljesaadjies en strooisuiker tot net onder kookpunt. Roer totdat die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  4. Meng die bessiepuree met die roommengsel.
  5. Smelt die gelatien vir 30‑40 sekondes in die mikrogolfoond en roer totdat dit smelt. Roer die gesmelte gelatien by die warm room-en-bessiemengsel in. 
  6. Giet die mengsel in klein glasbakkies of in ’n groot, dekoratiewe glasbak en hou in die yskas vir sowat ses uur om te stol.
  7. Haal individuele nageregte uit glasbakkies, garneer en bedien of bedien die nagereg uit die dekoratiewe glasbak en laat elkeen vir homself inskep.

 

DEEL
Vorige artikelNuutgemaak!
Volgende artikelWAT is gebed?
Voelgoed
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.