Bessie-krummelkoekstruif

0
104
krummel_koek_resep.png

’n Smullekker nagereg is ’n moet met jou Kersete. Hierdie Bessie-krummelkoekstruif gaan almal betower.

Genoeg vir 6
Tyd: 10 minute + 1 uur verkoelingstyd

BESTANDDELE
30 ml aarbeikonfyt
sap van 2 lemoene
300 g gemengde bessies (aarbeie, frambose, kersies)
750 ml voorbereide vla
125 ml vars room, geklop
100 g beskuitjies van jou keuse, fyngedruk

METODE
1. Meng die aarbeikonfyt en lemoensap in ’n bak en roer die bessies by.
2. Verdeel ’n hoeveelheid bessies tussen 6 opdienglase of klein bakkies.
3. Skep die vla, oorblywende bessies en room bo-op elke glas of bakkie.
4. Strooi die beskuitjiekrummels oor voor opdiening.

Deur Vicki de Beer en Leila Saffarian. Bygestaan deur Jana van Sittert Foto’s: Lee Malan en Roelene Prinsloo