Bestaan “die een”?

die een

Ons het seker almal al gewonder of daar iets is soos “die een vir my”.

Die liedjies waarna ons luister, die movies waarna ons kyk en die boekewat ons lees, speel ’n groot rol hierin, maar weerspieël ongelukkig nie altyd die waarheid of die werklikheid nie.

So, kry die hele “die een” ding uit jou kop uit. Verskillende soort mense gaan in verskillende seisoene van jou lewe oor jou pad gestuur word.

Jy het ’n vrye wil en kan kies wat jy wil hê. Jou verantwoordelikheid is om te vra vir wysheid, insig en onderskeiding wanneer jy jou besluit neem.

Kies ’n lewensmaat wat jou gaan help om jou roeping te vervul. Iemand wat jou gaan liefhê net soos jy is. Selfs wanneer jy dit nie verdien nie.

Nathanya van Zyl Chapman, Muisneste
Kliek hier vir meer videos en artikels deur Nathanya.