Beveg Vrees Met Dankbaarheid

“En wat julle ookal sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” – Kolossense 3:17

Dit is geen geheim dat ek lief is vir ‘n goeie storie nie.

Stories het die krag om ons aan te roer en ons te leer. Hulle maak ons harte oop, ontbloot ons gevoelens en help ons om ons deur ons eie oortuigings te werk. En goeie stories help ons dikwels om tot selfkennis te kom oor ons vrese en angs, en beweeg ons na ‘n plek van selfvertroue en aksie.

Die wêreld en ons trots vertel ons om die front van ‘n goeie storie voorop te hou. Om ons beste kante te wys voor ons vriende. Om ons mees vlyende foto’s op sosiale media te sit. Om soveel orde en skoonheid as moontlik te wys, sodat ons stories goed sal lyk en klink. Sodat ons goed lyk.

Ek is hier om jou te vertel dat dit nie altyd die netjies verpakte lewe is nie. Meer dikwels as nie, is dit die woorde en video’s wat rou en eg is; dié wat praat van hoop in die moeilike tye, liefde wat vrees oorkom, reg wat oorwin oor verkeerd en dankbaarheid in die verlossing van dit alles. Jy kan nou aan een dink, nê?

Hoekom is dit?

Ek glo dit is omdat ons geskape is om te smag na ‘n verlossingstorie.

Die Bybel is presies dit – van begin tot einde – een lang storie wat ons neem deur hierdie ongelooflike reis van bergtoppe en valleie, geloof en vrees, wag en smag… totdat hoop en opoffering en verlossing uiteindelik seëvier in algehele oorwinning.

Dit is die grootste storie wat nog ooit vertel is.

“Dan sal ek die Naam van God besing. Hom met ‘n danklied prys.” – Psalm 69:30

Omdat Jesus die blywende bron van ons dankbaarheid is, beteken dit dat, as jy gered is, het jy ook ‘n belangrike storie om te vertel.

Kom ons kies om vandag woorde van dankbaarheid te spreek, in plaas van woorde van vrees.

Jy sê: “Ek kan nie my storie vertel nie,”

Dit is te smerig.

Te onvolmaak.

Te onvoltooid.

Te onopgelos.

Te moeilik.

Te [vul self in]…

Maar wag.

Onthou, die beste stories is nie die perfekte stories nie. Niemand kan in elk geval met daardie stories vereenselwig nie. Die beste stories is gesentreer op die hoop en dankbaarheid wat ons uitleef te midde van ons onvolmaakte stories, want al die eer is van ons af weggeskuif en teruggeplaas op die ware held van ons storie… ons perfekte Verlosser.

Vrees kan nie heers in ‘n hart wat vol dankbaarheid is nie.

Kom ons beveg vrees en verhoog die naam van Jesus vandag deur ons stories van dankbaarheid oor en oor te vertel…