Bid met vertroue

534

God gebruik elke gebeurtenis in jou lewe om jou nader aan Hom te trek. Vertroue en geloof dat God die beste vir jou beplan, maak dinge nie maklik nie, maar maak dit moontlik!

God se woord moedig jou aan om aktief, lewendig en opreg te glo. Deur vas te staan in Hom, skakel jy onsekerheid en passiwiteit uit.

Daar is krag in gebed met vertroue. Wanneer jy werk, dan werk jý, maar as jy bid, werk God deur jou geloof. Die grootste deurbrake wat mense behaal het, was te danke aan opregte, gelowige voorbidding.

Dit is die kragpunt tot jou aanbiddingslewe, die hartklop tot jou verhouding met God! Die grootste oorwinningstryd word daagliks op jou knieë geveg en gewen.

Karien Basson Karien Basson
Redakteur, Vroue wat glo

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Karien.

 

VRAAG EN ANTWOORD… Karien Basson