Biddag op Bloemfontein

0
104
biddag-bloemfontein.jpg

Ek dink nie ‘n mens kan vandag anders as om oor die biddag van die afgelope naweek te gesels nie.

Ek dink nie ‘n mens kan vandag anders as om oor die biddag van die afgelope naweek te gesels nie.

In die media word daar baie gespekuleer oor presies hoeveel mense by die geleentheid was. Maar eintlik is dit irrelevant om te weet hoeveel mense daar was. Die feit is dat ek van talle mense wat daar was, verneem het wat dit vir hulle geestelik baie beteken het. Daaroor prys ek die Here.

Ek stem nie heeltemal saam met alles wat Angus sê nie, maar ek aanvaar sy erns en opregtheid, en ek glo dat God hom kragtig gebruik. Ek glo ook dat hy regtig mense bereik met sy bediening. Ek glo ook dat hy die salwing van God se Gees het. Ek wens eerlik ek kon die geleentheid bywoon. Dink net watter effek kan dit op hierdie land hê as elke gelowige wat daar by die biddag was, terugkom en met hernude ywer vir God leef!

Verder het dit my ook getref om te hoor hoeveel gelowiges wat nie die biddag kon bywoon nie, op ander plekke in die land saamgekom het om te bid.

Ons lees mos in Johannes 17:21-23 dat Jesus soos volg vir die dissipels gebid het:

Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.

 

 

 

DEEL
Vorige artikel[VIDEO] Om te vergewe is ʼn reis saam met God
Volgende artikelWil jy regtig ‘n Christelike regering hê?
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.