Bief-en-tamatiebredie

800

6 porsies | 6 uur

BESTANDDELE

15 ml kanola-olie
1 ui, fyngekap
3 middelslagwortels, in ringe gesny
3 selderystingels, gekap
1 kg beesblad, in blokkies gesny
1 x 410 g-blikkie gekapte tamaties
250 ml hoenderaftreksel
30 ml suiker
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde peper na smaak
4 x 250 ml gaar bruinrys
90 ml ongegeurde jogurt
80 ml fyngekapte vars pietersielie

METODE

1. Verhit die olie in ’n swaarboompan en soteer die ui, wortels en seldery vir ongeveer 10 minute tot die groente sag is. Skep die groente in die prutpot se bak.
2. Voeg die beesvleis, tamaties, aftreksel, suiker, knoffel, sout en peper by die groente. Bedek die prutpot en stel dit op hoog vir 6 uur. Roer die bredie af en toe.
3. Verdeel die gaar rys en bredie tussen 6 opdienbakkies, skep jogurt oor en strooi pietersielie oor.