Billy Graham (1918-2018)

0
427

Billy Graham het vandag gesterf. Hy was 100 jaar oud. Billy was ongetwyfeld een van die bekendste evangeliste in die wêreld in die laaste eeu.

Daar word bereken dat daar al meer as 100 miljoen mense dwarsoor die wêreld na sy preke geluister het, en dat meer as 3 miljoen mense onder sy bediening tot bekering gekom het. Baie ander evangeliste se bedienings is gekelder deur een of ander skandaal. Billy Graham het egter altyd met groot integriteit geleef, en ondanks kleiner foute wat hy soms gemaak het, het hy eintlik enduit mense se respek geniet.

Billy Graham kon saam met Paulus die volgende sê:  Wat my betref, ek word alreeds as drankoffer uitgegiet. Die tyd van my dood is voor die deur. Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.” (2 Timoteus 4:6-7).

Dit is nie die beginpunt van ons lewe wat so belangrik is nie, maar wel die eindpunt. Hoe lyk jou lewe op die eindpunt? Het jy jou geloof behou? Hoe gaan jy deur jou kinders en kleinkinders onthou word?