Blaas nuwe lewe in jou huis!

0
58
harvest_moon_materiaal.jpg

Moeg vir vaal en donker vertrekke? Moenie toelaat dat dit jou hierdie winter onderkry nie!

materiaal.jpgHertex betower jou met die pragtige nuwe Padari-reeks, Harvest Moon.

Paddle fan – sorbet (regs op die foto) en Pleasures – lemon (heel agter op die foto) is twee Oosterse materiale met helder waterverfstylpatrone op duursame polikatoen en is ideaal vir gordyne of beddegoed.

Emily – autumn, die materiaal waarmee die kussing gemaak is, en Happinesssummer (links op die foto), deel die Oosterse gevoel, maar is van viskose gemaak en is veeldoelig. Harvest Moon is beskikbaar by Hertex.

Kontak jou naaste vertoonkamer of skakel 0860 437 839.