Blink oë

Elke asemteug is ‘n geskenk
Van ons Abba Vader daarbo
Ek wonder of jy dit weet
Ek wonder of jy dit besef

Dankie Abba vir elke geskenk
Uit U hand
Ons wil dit raaksien
En ons wil dankie sê

Waar sou ons
Hierdie wêreld
En elke mens daarin
Sonder U liefde wees?

Abba dis U wat ons
Altyd nader nooi
Abba dis U wat ons
Elke keer kom haal

Dankie Abba Vader
Vir U genade en liefde groot
Dankie dat U ons liewer het
As wat ons ooit kon verdien

Abba ek wil dankie sê
Uit my hart wil ek ‘n loflied sing
Dankie Abba
Dankie vir genade en liefde so baie groot

Dankie dat U elke dag
Met ons bemoeienis maak
Dankie dat U ons liewer het
As wat ons ooit sal kan besef

Dankie Abba-God
Dankie
Dankie
Dankie

Dit is die woorde
Wat van my hart bly opspring
Dankie! Dankie Abba God
Vir elke geskenk van genade uit U hand

Die asem in my longe
Dit is U
Die vreugde en blydskap vir vandag
Dit is U

Elke lag
Elke glimlag
Grote Koning
U is die rede daarvoor

Dit is U wat die blink
Van hierdie lewe
Terugsit in my oë
Dis U wat daarbinne woon

U is die lied in my hart
Abba Vader ek wil altyd sing
Ek wil aanhou getuig
Van my Koning wat daarbo woon

In my hart het Hy
Die spesiaalste plekkie gekry
Daar is net niemand
Wat dit meer as Hy verdien

Liefste Koning, Abba God
Die beste van my dit kan U maar kry
Die beste van my tyd
Die beste van my

Amen.

In my eie lewe het ek gesien en so gevind. As God jou anker en eerste liefde bly, is daar altyd hoop in jou hart. Altyd. Hy plant dit daar, soos die mooiste blommetuin. Mag ook jou oë blink, met ‘n blink wat net die Hemelse Koning daar kan sit. Baie liefde! x

Vorige artikelOor Lulu
Volgende artikelJy is ‘n kunstenaar in Christus
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.