Blou oral om ons

0
272
agapante.jpg

Agapante of bloulelies is amper so bekend aan Suid-Afrikaners soos biltong en boerewors!

Dis moeitevrye plante wat gewild is vir hulle groot balle blou of wit sambreelblomme.

Die groter kultivars is wonderlik agter in ’n bedding, terwyl die dwergweergawes weer goeie grondbedekkers uitmaak en pragtig lyk in potte en rotstuine en as randplante. Maak seker jy
 groei en te versprei. Agapante het half- tot volle sonskyn nodig.

Dit kan ook in die meeste grondtipes groei, maar dis altyd beter om ’n bietjie kompos by te voeg. Gee gereeld water terwyl jou plante gevestig word. Later kan jy minder water gee aangesien dit goed aard in die warm somer.