Bloubessietert

235

10 min. + bak 15-20 min.
1 groot tert

BESTANDDELE

Kors
200 g dadels
150 g amandelmeel
50 g quinoa
2 t karamelgeursel
½ t Oryx-sout
Vulsel
500 g fyngemaakte patats
100 g amandelneutbotter
3 t karamelgeursel
1 t vanillageursel
½ t Oryx-sout
2 e rou heuning
3 eiers
Garnering
180 g vars bloubessies
1 t rou heuning
1 t karamelgeursel
’n Knippie Oryx-sout
1 handvol vars mentblare, gekap

METODE

1 Stel die oond op 190 °C.
2 Sprei tertpan met kleefsproei.
3 Week dadels in warm water en maak fyn. Voeg die kors se bestanddele by en meng.
4 Versprei mengsel in tertpan en druk plat.
Vir die vulsel
5 Meng die bestanddele (buiten die eier) goed saam.
6 Klits die eier apart tot skuimerig en meng by die res.
7 Gooi die vulsel oor die kors en bak 15-20 min tot gaar.
Vir die garnering
8 Voeg heuning, geursel, sout en ment by die bloubessies en meng.
9 Rangskik bo-oor gebak en besprinkel met amandelmeel.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.