Bobotie

0
1287

BESTANDDELE

1 kg bees- of skaapmaalvleis
2 uie, fyngekap
25 ml olie
1 sny witbrood
25 ml melk
250 ml gerasperde wortels
250 ml room
125 ml sultanas
60 ml wit- of rooiwyn
45 ml suiker
30 ml blatjang
30 ml appelkooskonfyt
30 ml asyn of suurlemoensap
15 ml kerriepoeier
sout en peper na smaak
3 ml paprika
3 ml mosterd
3 ml borrie
6 amandels, in kwarte gesny
1 eier, geklits
125 ml room
4-5 lourierblare

METODE

  • Braai die vleis en uie tot bruin.
  • Week die brood in die melk en maak dit fyn.
  • Meng die vleis, brood en al die ander bestanddele, behalwe die geklitste eier, 125 ml room en lourierblare en skep dit in ’n oondvaste bak.
  • Klits die eier en room saam en giet oor die vleis. Druk die lourierblare in die mengsel. Bak teen 180 °C tot gaar en die eiermengsel gestol het. Verwyder die lourierblare voor opdiening.