Bobotieburgerpattie

563

15 min. + gaarmaak 10 min. 5 mense
Vir die bobotie-patties

BESTANDDELE

500 g volstruis- of ander ekstra maer maalvleis
1 klein rooi-ui, opgekap
½ t naeltjies
1 t vars knoffel, opgekap
1½ t Oryx-sout
½ t growwe swartpeper
1½ t kerriepoeier
1 t borrie
2 e vars suurlemoensap
2 e rou heuning
2-3 lourierblare, fyngemaak
50 g rosyntjies
1 e amandelmeel, opgehoop
1 eier, geklits

METODE

1 Meng al die bestanddele goed saam en vorm patties in die hand.
2 Verhit ’n pan met olyfolie.
3 Braai patties tot gaar en bruin aan albei kante.
4 Bedien op ’n basis van jou keuse, soos patatskywe wat in die oond gerooster is.
5 Sit voor met ’n gebakte eier om die gereg af te rond

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.