Boelies in die lewe

0
20
boelies.jpg

Die video van een seun wat ʼn ander seun in ʼn skool in Vereeniging boelie, maak landwyd (en selfs internasionaal) opslae.

Die video van een seun wat ʼn ander seun in ʼn skool in Vereeniging boelie, maak landwyd (en selfs internasionaal) opslae.

Mense is geskok, veral omrede die onderwyser oënskynlik niks doen om dit te verhinder nie. Ek moet sê die video spook sedert die naweek by my, want ek walg ʼn geboelie (Kyk hier na die video). Ja, ek is ook op skool geboelie want ek was liggaamlik baie swak. Ek het as kind polio gehad, wat ʼn negatiewe impak op my liggaam gehad het. Ek kon dus talle van die liggaamsoefeninge nie doen nie, en ek was vrot in sport. Ek het wel akademies presteer, en dit het gemaak dat ek ʼn ideale slagoffer was van boelies. Maar nie een van daardie boelies het êrens gekom in die lewe na skool nie.

 Wanneer ʼn mens na hierdie video kyk, besef ʼn mens net weer hoe aaklig is geweld. Dan dink ek weer hoe heerlik klink Jesus se boodskap van vrede. In Johannes 14:27 sê Hy: Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Jesus se dissipels, daarenteen, het ook geweld geken voordat die Evangelie behoorlik neerslag gevind het in hulle lewens. Petrus het byvoorbeeld sommer die oor afgekap van een van die slawe van die hoëpriester (Mk. 14:47). Simon, ook een van Jesus se dissipels, was selfs ʼn Seloot. Die Selote was ekstremiste wat nie geskroom het om geweld te gebruik om hul ideale na te streef nie.

Binne hierdie wêreld, wat deur geweld gekenmerk is, het Jesus sy boodskap van vrede verkondig.

DEEL
Vorige artikelTotsiens aan pap boarms!
Volgende artikelVadersdag