Bolletjies klei

2 Bruin oë staar na my vanuit die spieël. Ek sien ‘n reguit neus en ‘n mond.  Ja dalk kon ek doen met voller lippe en miskien blou oë.

Maar ai, dink net as ons onsself moes maak sou daar geen volledige mens gewees het nie, want as jy net klaar is met jouself dan kan jy dalk iemand raaksien wat ‘n beter neus het en sal jy gou joune mooier en beter wou hê. Maar ongelukkig is daar net een Maker en dit is ons Hemelse Vader.

Hy het elkeen van ons op aarde gemaak soos Sy goed denke en Sy wil.  Niemand het al ooit die keuse gehad om by Hom ‘n bestelling in te sit nie. Daarom moet ons en mag ons nie op iemand neer kyk wat ‘n gebrek, oorgewig, maer, onaantreklik, arm ens. is nie. Niemand het die reg om God se hande werk te minag nie. Jy moenie neer kyk op ander nie, want jy weet nie as daai een op kyk wat die een in jou dalk mag raak sien nie.  Ek het al gehoor hoe iemand sê vet mense is walglik. Weet jy of daai een nie dalk ‘n ongeneeslike siekte het nie?

God het elke bolletjie klei gevorm op ‘n unieke manier, nie eers ‘n identiese tweeling is so identies nie. God het daar ook gesorg dat daar ‘n verskil moet wees. Het jy al gedink hoe ongelooflik wonderlik en almagtig God is, nie een mens op die aarde het die selfde vingerafdruk nie.

Wees dankbaar vir wie en wat jy is, want jy breuk jou Maker se hart. Alle eer kom Hom toe.

Vorige artikelOnthou om te onthou
Volgende artikelOm te kan herlaai, het jy stilte nodig
Blogger - Lalie Kiesling
Ek is 52jr en ek moet sê, ek was nooit op skool goed met opstelle en sulke goed nie. My ma moes maar altyd inspring en help. Maar soos die tyd aangestap het, het ek al hoe meer gedagtes gekry, meestal oor geloof. Ek weet nie of dit ‘n gedagte is of deur die Heilige Gees aan my gegee is om met mense te kan deel nie? Ek het begin om my briefies aan Leef, Finesse en Keur tydskrifte te stuur, want ek wou so graag die gedagtes met iemand deel. Ek weet dat hulle nie altyd jou goed in die tydskrif kan plaas nie, maar ek het darem ‘n paar geskenkies gekry vir die beste brief. Maar dis nie vir my belangrik nie. Net die idee dat iemand dit kan lees en dalk daaruit iets vir hulself kan vat is vir my belangrik.