FAQ’s

Is dit jou heel eerste keer op ’n MSC bootreis?

  1. Reiskaartjie/e-ticket en vertrekvorm/Embarkation form van MSC af: Word per e-pos aan jou gestuur, op die laatste ongeveer 21 dae voor die reis begin. Jy moet die vorms uitdruk en saamvat vir wanneer jy op die skip klim. Al gaan jy in ’n groep, benodig elke persoon hulle eie reiskaartjie en vertrekvorm. As jy dit nie ontvang het nie, bel MSC (nommer op msccruises.co.za) net hulle kan dit vir jou stuur.
  2. Paspoort: Sonder jou paspoort kan jy nie op die skip klim nie. Alle passasiers (kinders en babas ingesluit) benodig ’n paspoort wat ses maande na die vertrekdatum geldig is (plus drie oop bladsye het vir doeane stempels) vir immigrasie by die hawe – al klim jy nie af by die eiland nie benodig jy steeds ’n geldige paspoort. GEEN AFSKRIFTE WORD TOEGELAAT NIE.
  3. Jy kan jou ID saamneem vir ingeval, maar dit is nie verpligtend nie.
  • Die #NetMATRIEKS-bootreis vind plaas van Maandag 13 tot Vrydag 17 Desember 2021 en koste beloop vanaf R7976 pp. – hoe vroeër jy bespreek hoe goedkoper.
  • Die #NetSTUDENTE-bootreis vind plaas van Vrydag 10 Desember tot Maandag 13 Desember 2021 en koste beloop vanaf R6457pp. – hoe vroeër jy bespreek hoe goedkoper.
  • Die #NetGIRLS-bootreis vind plaas van Vrydag 18 tot Maandag 21 Februarie 2022 en koste beloop vanaf R5 057 pp. – hoe vroeër jy bespreek hoe goedkoper.

     

  • Ingesluit by die prys is:

    • Verblyf in die kajuit wat jy bespreek het
    • Alle etes
    • Alle vermaak en aktiwiteite op die skip (buiten dobbel, natuurlik 😊)
    • Toegang tot die gimnasium
    • Toegang tot die kunstenaars se vertonings & optredes
    • Die bootrit na die eiland
    • Eksklusiewe T-hemp & propvol geskenksak
    • Hawebelasting en versekering

     

    Uitgesluit is:

    • Alle drankies op die skip/drankpakkette
    • Vervoer van en na die hawe in Durban
    • Inkopies op die skip, haarsalon en spa-behandelings & uitstappies op die eiland
    1. Waar bespreek ek?

      Kliek net op:

      Telefonies: Kontak MSC direk by die volgende telefoonnommer: 

      087 630 0333, gedurende kantoorure [08:00 tot 17:00 weeksdae] maar op Donderdae vanaf 09:30.

    2. Watter inligting is nodig om die bespreking te maak?

      Elkeen in die kajuit se naam en van soos dit op hul ID verskyn asook elkeen se ID-nommer. Die res van die inligting soos paspoortnommer word later voltooi.

    3. Hoe betaal ek die bespreking?  

      Met ’n kredietkaart of kontak MSC by die nommer op hulle webwerf.

    4. Hoeveel mense kan in ’n kajuit bly en hoe werk die deposito dan?

      Jy kan alleen in ’n kajuit bly, wat duurder is. Of julle kan 2, 3 of 4 mense wees wat ’n kajuit deel – afhangende van die tipe kajuit wat julle kies. Die R3 000 deposito is per kajuit, dus kan julle die bedrag deur die aantal mense in die kajuit deel wanneer julle die bespreking maak. Die deposito sal dan van die totale bedrag afgetrek word.

    5. Wanneer moet die R3 000 deposito/volle bedrag betaal word?

      Ná die bespreking moet die R3 000 deposito binne 70 uur betaal word om jou kajuit vas te maak, en die uitstaande bedrag vir almal in die kajuit moet 70 tot 85 dae voor die boot vertrek, betaal word anders verloor jy jou kajuit.

      Daar is ’n opsie op die MSC webwerf se besprekingsbladsy waar jy kan aandui of jy die volle bedrag of net die deposito wil betaal.

      Presies soos enige ander persoon. Namibië is deel van die SADC agreement so geen Visa word benodig vir Namibiërs nie – as jy steeds onseker is kontak die immigrasie kantoor of Binnelandse Sake.

    6. Hoe bespreek ek as ek van Namibië af kom?

      Presies soos enige ander persoon. Namibië is deel van die SADC agreement so geen Visa word benodig vir Namibiërs nie – as jy steeds onseker is kontak die immigrasie kantoor of Binnelandse Sake.

Jy moet op een slag vir almal van julle in die kajuit bespreek sodat almal saam in ’n kajuit kan wees. Groepe moet ook vir MSC sê indien hulle by dieselfde sitting wil eet en indien hulle kajuite in dieselfde area toegeken moet word.
  1. Jou bagasie-tag (etiket) is ook aangeheg by die bootreiskaartjie wat MSC e-pos (As jy dit nie ontvang het nie, kontak MSC net hulle kan dit stuur). Druk dit uit en heg aan jou tas vas – merk al jou bagasie baie duidelik.
  2. Hoeveel bagasie mag ek saamneem? Een rugsak of handbagasiesak en een reistas.
  3. Maak seker dat daar geen breekbare items in jou bagasie is nie.
  1. Dit kos ongeveer R120 per nag om by die N-Shed Passenger Terminal te parkeer, op eie risiko en dit werk op ’n first come first served Vind meer uit by MSC self.
  1. Geen kos, lekkers, tjips of drank word toegelaat in bagasie nie, en sal gekonfiskeer word.
  2. Geen messe of vuurwapens.
  3. Die personeel mag jou bagasie deursoek en onveilige items konfiskeer soos knipmesse, skroewe en vlambare vloeistowwe.
  4. Jy mag nie hookah/hubbly saamneem nie en jy mag sigarette slegs by gemerkte rookareas rook.
  1. Om in te pak: klere, swemklere, gemaklike skoene, ’n hoed, reënjas, sonroom, ’n kamera, jou eie velsorg, grimering ensovoorts asook nodige medikasie en brille.
  2. Om aan te trek: klere volgens die temas, gemaklike klere vir warm weer en iets warms vir die aande. Alle aandetes is semiformele drag, en gewoonlik is daar ’n Captain’s Dinner, waar jy formeel kan aantrek maar dit hang af van MSC se program.
  1. Hou jou medikasie en waardevolle items by jou of in jou handbagasie wanneer jy aan boord gaan.
  2. Seesiek: Drink pille soos Travelrite, Stugeron of Avomine. Begin met die medikasie ’n dag voor jy vertrek. Volg daarna die aanwysings op die voubiljet. Dit is egter belangrik om seker te maak die medikasie is reeds in jou bloedstroom voor jy op die skip klim. As jy op die skip sleg voel, kan jy die mediese personeel nader. Moenie in jou kajuit bly as jy naar voel nie; gaan na die dek toe waar daar baie vars lug is en jy die horison kan sien.
  3. Doen navraag by jou mediese fonds oor dekking aan boord indien iets sou gebeur.
  1. Buiten die geldige paspoort moet ʼn volledige, geldige geboortesertifikaat (unabridged birth certificateGEEN AFSKRIFTE OF GEWAARMERKTE AFSKRIFTE IS AANVAARBAAR NIE) van die kind voorsien word wat beide ouers se besonderhede bevat. Indien net een ouer saam reis, moet ’n toestemmingsbrief van die ander ouer in die vorm van ’n toesigooreenkoms as byvoegsel saamgeneem word, wat toestemming gee dat die kind mag saam reis.
  2. Kontak MSC indien jy nie die vorms ontvang nie. MSC sal die brief aanstuur wat die ouers moet invul en onderteken om saam te neem. Indien voogde saam met die kind reis, moet ’n toestemmingsbrief van die ouers as byvoegsel saamgeneem word wat toestemming gee dat die kind mag reis. MSC sal ook ’n vrywaringsvorm (indemnity form) stuur, wat deur die ouers geteken moet word en saamgeneem moet word.

Alle etes is ingesluit by die prys, behalwe by die spesialiteitsrestaurante soos die sushi-restaurant en roomys kiosk.

  1. Ontbyt: Buffet-ontbyt in die restaurante met ’n groot verskeidenheid opsies, koffie, tee en water ingesluit, asook op die dek.
  2. Middagete:Buffet-opsies in die restaurante, asook pizza of burgers op die dek. Koffie, tee en water ingesluit.
  3. Aandete:Daar is twee sittings vir aandete – 18:00 en 20:00. Met bespreking moet elke passasier hulle voorkeuropsie gee vir die sitting wanneer hulle wil eet, maar MSC sal die finale tyd en restaurant aanwys en ook probeer om groepe te akkommodeer. Jy kan ook ’n informele buffetaandete geniet by die dek restaurant. Daar is ook ’n middernagbuffet.

Jy benodig geen beskerming teen malaria vir Mosambiek nie. Suid-Afrikaanse paspoorthouers benodig ook nie visums nie. Die volgende paspoorthouers se visums is gratis: Angola, Botswana, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Namibië, Seychelle, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Buitelandse paspoorthouers sal ’n  visum moet kry en die koste is ongeveer US $25. Dit kan aan boord verkry word en hoef nie vooraf gereël te word nie.

1. Wat is ’n cruise card? Elkeen wat aan boord gaan, kry ’n kaart wat lyk soos ’n kredietkaart met jou naam, van en kajuitnommer op. Dit is jou ID-dokument op die skip, dis jou kajuitsleutel en jy kan geld daarop laai om drankies of geskenke op die skip te koop (omdat die skip met ’n kontantlose proses werk). Hou dit altyd by jou en pas dit mooi op!

2. Hoe sit ek geld op my cruise card en wanneer?

Daar is drie maniere om geld op jou cruise card te sit:

  • Neem kontant saam en gaan na die MSC finansiestoonbank of outomate/masjiene om dit op te laai.
  • Neem jou debietkaart saam en laai geld op jou cruise card daarmee by die finansiestoonbank of outomate/masjiene.
  • Koppel jou kredietkaart aan jou cruise card by een van die outomate/masjiene op die skip. Sodoende word jou aankope outomaties teen jou kredietkaart verhaal. Dit is moontlik om ekstra geld op jou cruise card te laai tydens die bootreis indien dit nodig is.

Onthou, MSC handel in Amerikaanse dollars op die skip. So, elke prys wat jy sien, is in dollar en moet vermenigvuldig word met die wisselkoers om by SA rand uit te kom. MSC doen self die dollar-na-rand-omskakelings.

3. Wat is die minimum bedrag wat op my cruise card gelaai kan word? Die bedrag is R1000.

4. Hoe kry ek die geld op my cruise card terug indien ek dit nie gebruik het nie? Jy moet dit terugkry by die finansiestoonbank op die laaste dag van die bootreis. Jy moet jou rekening vereffen anders laat MSC jou nie toe om af te klim nie.

5. Aankope aan boord en op die eiland: Jy kan aankope maak by die winkels aan boord vir parfuum, sonbrille, horlosies, lekkergoed en klere of by die spesialiteitsrestaurante of kroeë. Op die eiland kan jy aankope doen in SA rand/kontant; jy kan jou drank pakkette op die eiland gebruik.

 

  1. Van waar af vertrek die boot en waar gooi hy weer anker?
    Durban-hawe, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
  2. Hoe laat moet ons op die hawe wees om aan boord te gaan?
    Die meeste mense begin vanaf 07:30 in die ry by die hawe staan. Almal MOET egter voor 12:00 op die hawe wees, aangesien doeane net tot 13:00 oop is en die skip kort daarna vertrek! Normaalweg gaan ons vanaf 10:00 aan boord, maar dit is onderhewig aan hoe lank dit neem om die vorige skip se passasiers van die skip af te kry.
  3. Hoe laat klim ons die laaste dag van die skip af?
    Vanaf ongeveer 08:00 die oggend, so maak seker jou vlug en shuttle na die lughawe kom eers later sodat jy nie jou vlug verpas nie.
  4. Hoe werk die rit na die eiland toe?
    Passasiers word in kleiner bootjies vervoer na die eiland van ongeveer 08:00 af en 12:00 begin die bootjies weer mense terugneem skip toe. Dit is opsioneel om af te klim.
  5. Waar klim ons af, by watter eiland?
    #netMATRIEKS: Pomene.
    #netGIRLS: Portugese Eiland.
  6. Watter onkoste is daar op die eiland?
    Jy koop drankies met die kaartjies van jou drankpakket of op jou cruise card en die kos is gratis. As jy aandenkings, soos byvoorbeeld yskasmagnete wil koop, betaal jy met Suid-Afrikaanse rand.
  7. Watter geldeenheid gebruik jy op die eiland?
    Suid-Afrikaanse rand.
  8. Hoe werk die uitstappies/ekskursies op die eiland?
    Jy bespreek dit vooraf op MSC se webblad of jy kan dit op die boot by Ontvangs bespreek en betaal.
  9. Wat kan jy saamvat na die eiland toe?
    ’n Snorkel en duikbril om in die vlak water te snorkel en ’n opblaas-tube om op te dryf in die see. Onthou jou plakkies – die sand is baie warm – en jou sonhoed!
  10. Wat gebeur as die skip nie by die eiland kan stop nie?
    Alle aktiwiteite hang af van die weersomstandighede, en MSC stel altyd die passasiers se veiligheid eerste. Indien dit sou gebeur dat ons nie kan afklim op die eiland nie, sal daar alternatiewe aktiwiteite op die skip aangebied word, wat net so lekker is!

Ja, daar is busse wat uurliks van en na die hawe ry, jy moet dit bespreek by MSC. Die pendelopsie (shuttle) kos ongeveer R150 een rigting. Maak seker van jou vlugtye, sodat jy nie wag vir ’n shuttle en jou vlug verpas nie. Jy moet op die laatste 12:00 by die hawe wees.

  1. Waar koop ’n mens die drankpakkette en hoe werk dit?
    Drankpakkette betaal jy apart op www.msccruises.co.za by MANAGE BOOKING | MY CRUISE, sodra jou bootreiskaartjie aan jou uitgereik is. As jy dit aanlyn wil koop, moet jy dit doen ’n week voor die skip vertrek. Andersins kan jy dit ook aan boord koop. Dit is egter ’n bietjie goedkoper as jy dit aanlyn koop. Jy koop ’n pakket aanlyn en dan kry jy ’n voucher saam met jou bootreiskaartjie / e-ticket (wat jy uitdruk), wat aandui watter pakket jy gekoop het, byvoorbeeld 18 kaartjies wat alle drankies insluit. Op die skip sal die pakkette/kaartjies in jou kamer wees of jy gaan na een van die sitkamers verwys word, waar jy jou boekie met pakkette/kaartjies gaan haal (dit is die sisteem wat MSC gebruik). In ruil vir ’n kaartjie op die skip kry jy dan ʼn drankie.
    Daar is verskillende tipes pakkette, soos ’n net-koeldrank-en-roomys-pakket, ’n  net-koffie-tee-en-warm-drankies-pakket, ’n alles insluitende pakket waarmee jy cocktails, wyn, koeldrank, water, roomys en koffie kan koop. Kyk op MSC se webtuiste vir die opsies.
    Kliek hier of LAAI DIE PDF AF
  2. Aantal pakkette wat ek op ʼn slag kan koop?
    Jy kan net 1 pakket op ʼn slag koop, dan moet jy uit-log en weer van voor af ingaan en koop. Jou kajuitnommer word net aan die pakket gekoppel maar as jy betaal het vir die pakket is dit joune, nie jou kamermaat sin nie.
  3. Is daar ’n manier om te bespreek waarby drankpakkette ingesluit is?
    Daar is ongelukkig nie so ’n opsie nie.
  4. Watter bewyse moet ons saamvat as ons die drankpakkette oor die internet gekoop het en waar kry ons die drankpakkette dan?
    Neem die e-pos wat MSC vir jou stuur as bevestiging dat jy ʼn pakket gekoop het saam. Jy kry die pakkette of in jou kajuit of jy gaan haal dit by ʼn sekere sitkamer op die boot.
  5. Wanneer sluit die aankope vir aanlyn drankpakkette en kan ’n mens op die boot nog drankpakkette koop?
    Dit sluit ongeveer sewe dae voor die boot vertrek en jy kan op die boot op die eerste dag nog drankpakkette koop. Onthou, jy kan ook geld op jou kaart laai en so vir drankies betaal.
  6. Met watter geldeenheid koop ons drankpakkette op die boot?
    Dollar of kontant. MSC skakel self alles om tussen hierdie twee eenhede. Of jy laai geld op jou cruise card en betaal dan so vir drankies.
  1. Daar is verskillende pakkette te koop – kyk op MSC se webblad vir die opsies of koop sommer op die boot. Dis baie maklik om dit te koop, jy kan net die nommer op jou cruise card vir Wi-Fi LAAI DIE PDF AF 
  1. Hoe lyk die kragproppe?
    In die nuusbrief sal ’n foto aangeheg word, maar die skip gebruik beide 110 V en 120 V. Die kragpunte is Amerikaanse (110 V) en Europese ronde twee-punt (220 V) kragpunte – gewone ronde dubbelpuntproppe. Die Suid-Afrikaanse driepuntprop sal nie werk op die skip nie en sal ’n  Europese twee-punt ronde passtuk (adapter) benodig.
  2. Is daar enkel- of dubbelbeddens?
    Met die bespreking kan jy kies tussen twee enkelbeddens of ʼn dubbelbed in die kajuit of MSC skakel by die nommer op hulle webtuiste.
  3. Wat is alles in die kajuit?
    Alle kajuite het ’n haardroër, badhanddoeke, sowel as swemhanddoeke. Daar is ook lugverkoeling, ’n badkamer met toilet en stort, TV, telefoon, WiFi internetkonneksie (teen ’n fooi), minikroeg (teen ’n  fooi), en ’n  kluis. Die haardroërs is redelik flou, so, as jy ’n dik bos hare het, is dit beter om jou eie saam te neem. Jy kan jou krultang saambring. In die nuusbrief sal ’n foto van die kragprop aangeheg word.

 

  1. Die nuusbriewe bevat baie belangrike inligting soos die temas, ekstra aktiwiteite, tye, wat om te doen met aankoms, die program en nog meer!
  2. Laat weet vir Chanté by [email protected] indien jy klaar bespreek het en nie die nuusbriewe ontvang nie.
  3. In die nuusbriewe sal die skakel vir die T-hempgroottes ook wees. Almal kry ʼn spesiale bootreis T-hemp, en as jy nie jou grootte verskaf nie sal ons met behulp van ʼn formule bepaal watter groottes bestel word vir die groep. Wees maar akkommoderend indien jy nie jou spesifieke grootte kry nie.

Jy kies dit wanneer jy op MSC se webtuiste die bespreking maak. Om te bevestig of jy wel die FINESSE/MATRIEK pakket het of die entertainment fee betaal het, skakel MSC.

Dieselfde geld vir die FINESSE #netGIRLS pakket (entertainment fee).

  1. MSC bied saans teatervertonings (kabaret ens) aan in die groot teater. Meestal word 2 identiese vertonings aangebied sodat die persone wat die eerste sessie eet, die laat vertoning kyk en diegene wat die tweede sessie eet, die vroeë vertoning kan kyk. Dit kan egter gebeur dat daar slegs een teatervertoning is, dit sal tussen die 2 aandetes val. Ons kan gaste 3 weke voor die bootreis in kennis stel hiervan. Kyk ook na die program in die nuusbriewe wat ons vooraf stuur om te weet wanneer wat gebeur. Die program sal saam met die nuusbriewe gestuur word en sal in die hysbakke opgesit word.
  2. Die program is propvol aktiwiteite, kompetisies, sokkies, danse en saam kuier!
  3. MSC sit ook elke aand die volgende dag se program in elke kajuit.

 

Jy kry ʼn T-hemp en borge se persente in jou geskenksak. Ook die program van die bootreis.

  1. Dekplan – kliek hier vir Musica https://www.msccruises.co.za/our-cruises/ships/msc-musica
  2. By die ontvangs op die skip kan jy ook ’n kaart kry, en by elke hysbak is daar ook een op. In die nuusbriewe/program sal ons ook ’n aanduiding gee van wat op die verskillende vlakke te vinde is.
  3.  
  1. MSC hanteer alle kansellasies, skakel hulle direk by die nommer op msccruises.co.za of epos [email protected]
  2. Om die kaartjies se besonderhede later te verander (name-change), byvoorbeeld as ’n ekstra persoon in die kajuit wil bly, as die naam of adres verander van ʼn persoon OF as jou naam verkeerd is op die e-ticket – skakel MSC direk. Daar is ʼn fooi daaraan verbonde as dit naby aan die bootreis is.

Ons gaan tydens die bootreis ʼn tafel vir navrae by ontvangs hê, tye en inligting rondom die navrae tafel sal in die nuusbriewe deurgegee word.

Wat gebeur met jou bespreking?

Jou bespreking van Desember 2020, Februarie 2021 word sonder koste na die #NetSTUDENTE-bootreis datum oorgeskuif, jy kan dit skuif na enige ander bootreis of datum – skakel MSC direk by die nommer op www.msccruises.co.za of epos [email protected]

  1. Indien daar weer ʼn “lockdown” is?

Indien die bootreis nie kan plaasvind nie gaan dit na ʼn ander datum toe skuif (so jou bespreking gaan net so oorskuif na die nuwe datum). As jy nie die nuwe datum kan maak nie kan jy jou bespreking na enige ander naweek toe skuif. Jy verloor net jou deposito wanneer jy kanselleer – die res van die geld – indien jy nog betaal het – word moontlik eers 120 dae na die kansellasie terugbetaal. Skakel MSC direk by die nommer op www.msccruises.co.za of epos [email protected] oor die navrae.

Kliek op https://www.msccruises.co.za/ om direk op MSC se webtuiste meer inligting te kry en te sien wat om te verwag.

Of jy kan MSC se FQA pdf-dokument aflaai – LAAI DIE PDF AF