Borsvoedingweek

346
borsvoed

Dit is vandag die begin van wêreld-borsvoedingweek.

Dit is vandag die begin van wêreld-borsvoedingweek.

Die idee van hierdie week is om borsvoeding aan te moedig deur die belangrikheid daarvan vir gesonde babas uit te wys. Daar is ‘n groeiende bewuswording van die belangrikheid van behoorlike babavoeding in die kind se eerste 1000 dae van lewe op aarde. Borsvoeding bied beide korttermyn en langtermyn voordele vir die kind deurdat dit die kanse van infeksies en siektes soos asma, vetsug en tipe 2 diabetes verminder. Moeders wat borsvoed verminder glo ook hul kanse om borskanker, swak beenstrukture en hartsiektes te ontwikkel.

Dit is vir my ‘n pragtige gesig om te sien hoe ‘n baba teen ‘n moeder se bors lê en drink. ‘n Mens ervaar sommer die rustigheid en kalmte wat die baba dan ervaar. Wanneer ek dit sien, herinner dit my altyd aan Psalm 131 waar die Psalmdigter sê:

Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.”

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.