Botterboontjie-en patathappies

239

10 min. + gaarmaak 20 min.
12 mense

BESTANDDELE

1 groot rooi slaai-ui, gekap
1 e olyfolie
1 t rou heuning
knippie woestyn- of pienk sout
1 blikkie botterboontjies, gedreineer en gewas.
1 t paprika
6 ekstra groot eiers
1 t droë tiemie
300 g patatstukke, vooraf gerooster
50 g songedroogde tamaties opgesnipper
growwe swartpeper

METODE

1. Stel die oond op 200 °C. Berei ’n muffinpan voor met kleefsproei.
2. Braai die ui in die olyfolie in ’n pan tot goudbruin, voeg die heuning en sout by en braai tot gekaramelliseer.
3. Voeg songedroogde tamatie, botterboontjies en paprika by. Roer tot botterboontjies egalig verkleur het en hou eenkant om effens af te koel.
4. Klits die eiers en tiemie apart tot lig en skuimerig.
5. Gooi ’n klein bietjie eiermengsel in elke muffinholte om ’n eierbodem te vorm.
6. Rangskik die botterboontjiemengsel en patatstukke in elke holte en vul dan met eiermengsel.
7. Rond af met growwe swartpeper.
8. Plaas in oond en bak vir 25 minute tot gaar.
9. Sit warm of koud voor.

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.