Botterskorsie-en-patat-frittataskywe

0
270
fritatta.png

Trakteer jou gesin in hierdie warm maand op koue geregte wat geurig en vullend is en in ’n japtrap voorberei kan word. Kies uit ’n verskeidenheid slaaie, smaaklike toebroodjies en ’n soetdingetjie of twee.

Genoeg vir 4
Tyd: 15 minute

BESTANDDELE
1 medium botterskorsie
2 patats
1 ui, grofgekap
olie vir braai
6 eiers
250 ml melk
sout en peper
handvol gekapte pietersielie

METODE
1. Skil die botterskorsie en patats en sny in blokkies. Maak gaar in mikrogolfoond en plaas op ’n 20 cm x 20 cm bakplaat.
2. Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag en voeg die botterskorsie en patats by.
3. Verhit die oond tot 160 °C.
4. Klop die eiers, melk, sout en peper en pietersielie saam. Giet oor die botterskorsiemengsel en bak 1 uur tot gestol. Laat afkoel en sny in skywe.

Resep en stilering: Petri Uys
Fotograaf: Graeme Wyllie
Met komplimente van Your Family