Braai elke dag, enige plek!

0
56
lotus_grill.jpg

Hierdie oulike braaitoestel het genoeg plek om twee hoenders of een lamsboud te rooster. Dis kompak en draagbaar, maar groot genoeg om vir al jou vriende tegelykertyd te braai.

Vandat jy dit aangesteek het tot dit reg is om te braai, neem omtrent vyf minute en dit sal lank en warm braai met die groot kolemandjie. Met behulp van die battery-aangedrewe waaier in die basis maak hierdie braaiertjie kos gaar in ’n fraksie van die tyd wat dit konvensionele ketelbraaiers neem. Dis ideaal vir balkonne of stoepe omdat dit min rook en min ruimte benodig.

Die toestel is baie veilig en geen warm kole kan uitval nie, selfs al val dit om. R2 399. www.yuppychef.com