Braaihoender met kaas-en-knoffelbrood

0
278
hoender_braai.jpg

Desember is mos die kuiermaand. Braai behoorlik met ’n braaihoender en kaas-en-knoffelbrood.

Genoeg vir 4-6
Tyd: 40 minute + marinering

BESTANDDELE
8 gemengde hoenderstukke
250 ml tuisgemaakte braaivleismarinade (resep hierbo)

Vir die knoffelbrood
125 ml sagte botter
handvol tiemieblare
5 knoffelhuisies, fyngemaak
250 ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper, na smaak
1 x 40 cm Franse brood
handvol roketblare (opsioneel)

METODE
1 Maak 2 diep gleuwe in elke hoenderstuk en meng die marinade deur. Marineer vir minstens 30 minute.
2 Vir die knoffelbrood: Meng die botter, tiemie, knoffel en 80 ml van die kaas saam. Geur. Maak 2 cm-insnydings in die bokant van die brood (nie regdeur nie). Skep die bottermengsel in elke insnyding en stop met die res van die cheddar. Bedek met foelie.
3 Skud die oormaat marinade van die hoender af (hou dit eenkant) en maak gaar saam met die brood oor voorbereide kole (matig hoë hitte) vir 20 minute of tot die hoender deurgaar is en die kaas gesmelt het. Bestryk die hoender deurgaans met die oorskietmarinade.
4 Sit die hoender en brood saam met roketblare voor.

Artikel: Margie Els-Burger bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Foto’s: Roelene Prinsloo