Brosgebraaide calamari

0
389
calamari.jpg

Vir ’n voorgereg wat só lekker is, dat jy skaars gaan wil hoofgereg eet … Hierdie brosgebraaide calamari is nét die regte ding vir vanaand! Dis vinnig en maklik om te maak.

Genoeg vir 6
Tyd: 10 minute

BESTANDDELE
80 ml meel
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
500 g skoongemaakte calamari-buisies
plantolie vir braai

METODE
1 Meng die meel, sout en peper saam.
2 Sny die calamari in ringe en rol dit heen en weer in die meel om goed te meng.
3 Braai die calamari in die warm olie vir 3 minute en dreineer.
4 Sit voor met seesout, suurlemoenwiggies en pietersielie.

Bronne
Stilering: Leila Saffarian, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Fotograaf: Graeme Wyllie, bykomstighede met komplimente van Hadeda, 011 788 9859 / 021 465 8620, www.hadeda.net
Met komplimente van Your Family