#Bybeltoer

#Bybeltoer-landing-page

Stap in Jesus se voetspore

Finesse se onvergeetlike Bybeltoer na Israel vind weer volgende jaar plaas! Kom onderneem ’n pelgrimstog tydens die 2022 April–skoolvakansie saam met ds. Liesel Krause–Wiid en haar man, Siebert, wat jou geloof soos nog nooit tevore nie sal verdiep …

Meer oor die toer

Israel is vir gelowiges nie net ’n plek in ’n storieboek of ’n kolletjie op die wêreldkaart nie. Dis hier waar die geskiedenis vir ewig verander is en waar Jesus self geloop het.  Kom toer saam met ons na dié land waar jou geloof soos ’n rolprent voor jou sal afspeel. Elke bestemming op die toer is met sorg uitgekies om van hierdie reis ’n uitsonderlike ervaring te maak.

Eilat en ’n bootvaart op die Rooi See. Eilat is op die oewer van die Rooi See geleë. Tydens ons besoek sal ons ’n boortvaart op die Rooi See en ’n ligte braaivleismiddagete geniet. Daar sal ook geleentheid wees om in die kristalhelder water te snorkel en swem. 

Die volgende oggend word die gewilde onderwater-observatorium besoek waar jy die seelewe en korale van die Rooi See van naderby kan besigtig.

Dryf op die Dooie See en kyk waar Jesus grootgeword het.Die Dooie See is die laagste plek op aarde. In die Bybel het dit as die “Sout See” bekend gestaan. Hier kan jy letterlik “op” die water dryf en jou ook verlustig in ’n pragtige uitsig oor die see en die kus van Jordanië.

Die volgende dag besoek ons Qumran waar die Dooie See-boekrolle in 1947 ontdek is en doen ook aan by die plek – bekend as Betábara – waar Jesus gedoop is.

Dan reis ons verder na Nasaret en besoek die Kerk van Aankondiging, Maria se put en Josef se grot. Dit is in hierdie omgewing waar Jesus grootgeword het en waar Hy sowat 30 jaar gewoon het.

Vandaar reis ons verder na die See van Galilea.

Besoek Getsemane, stap die Via Dolorosa en sien Jesus se graf. Ons toer van Jerusalem begin op die Olyfberg vanwaar ons ’n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het.

Jesus en sy dissipels was op dié berg toe Hy hulle gestuur het om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem binnegery het.

By die Tuin van Getsemane sal jy eerstehands kan beleef waar Jesus was toe Hy deur Judas verraai is en na die hoëpriester Kajafas gebring is om aangekla en verhoor te word. Ons besoek ook Kajafas se huis, waar Petrus die Here drie maal verloën het.

Tydens die tweede dag in Jerusalem sal Nagmaal by die Tuingraf bedien word. Ná ’n besoek aan die Bad van Betesda sal ons ’n deel van die roete van die Via Dolorosa volg. Vir oulaas sal jy ook kans kry om ’n bietjie vrye tyd in die Ou Stad van Jerusalem te geniet.

Toerleiers

Reisprogram vanaf 27 Maart tot 5 April 2022

Dag 1: Sondag, 27 Maart JOHANNESBURG – TEL AVIV
Ontmoet mekaar vanaf 17:00 by die El Al toonbank in die Internasionale vertreksaal van die Johannesburgse O.R. Tambo Internasionale lughawe. Nadat die El Al sekuriteitsprosedures afgehandel is, word u bagasie deur die lugredery toegedraai. Vertrek om 21:00 na Tel Aviv. Oornag aan BOORD (A*)

Dag 2: Maandag, 28 Maart BERSEBA – TIMNA PARK – EILAT
Stryk om 06:35 op die Ben Gurion lughawe neer. Ons toerbus staan gereed om oor Berseba na Timna Park te vertrek waar Salomo se kopermyne te sien is. Besoek die “Tabernakel in die Wildernis” wat gebou is op die aanwysings soos dit in die Ou Testament uiteengesit word. Reis verder na Eilat wat op die oewer van die Rooi See geleë is. Geniet ‘n bootvaart op die Rooi See met ʼn ligte braaivleis-middagete aan boord ingesluit. Daar is geleentheid vir snorkel en swem in die kristalhelder water. Aandete en oornag in EILAT (O*)(M)(A)

Dag 3: Dinsdag, 29 Maart EILAT – MASADA – DOOIE SEE
Bring vanoggend besoek aan Eilat se gewilde Onderwater Observatorium waar die Rooi Seelewe en korale van naderby besigtig kan word. Reis na die bergvesting Masada, waar u per kabelspoor na die kruin geneem word. Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodes en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See. Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse besetters oor te gee, afgespeel. Ons bestemming is die Dooie See, die laagste plek op aarde. In die Bybel het dit as die “sout see” bekend gestaan. Tyd om letterlik “op” die water van die Dooie See te dryf. Aandete en oornag by die DOOIE SEE (O)(A)

Dag 4: Woensdag, 30 Maart EIN GEDI – QUMRAN – BETABARA – TIBERIAS
Vertrek vanoggend Ein Gedi waar Dawid soms teen Saul geskuil het en waar hy die geleentheid gehad het om Saul dood te maak, maar net ‘n stukkie van sy kleed afgesny het. Reis verder na Qumran waar die Dooie See boekrolle in 1947 ontdek is. Vertoef by die doopplek van Jesus by Betabara aan die “oorkant” van die Jordaanrivier. Reis verder na Nasaret en besoek die “Nazareth Village” waar ons in tyd teruggeneem word na die dae toe Jesus as kind in hierdie omgewing opgegroei het. Ons bestemming is die See van Galilea. Aandete en oornag in TIBERIAS (O)(A)

Dag 5: Donderdag, 31 Maart GALILEA OMGEWING
Begin die dag met ‘n bootvaart op die See van Galilea. Bring dan besoek aan die Boot-museum waar ons die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. ‘Vertrek na die ruïnes van Magdala, die tuisdorp van Maria Magdalena. In die tyd van Jesus was dit ‘n vooruitstrewende vissersdorpie. Argeoloë het die oorblyfsels van die dorpie wat uit die dae van Jesus dateer, blootgelê wat ‘n Bisantynse klooster en ‘n mosaïekvloer van ‘n vissersboot uitbeeld. Die omgewing staan vandag bekend as Migdal. Bring dan besoek aan Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan Sy dissipels verskyn het en hulle saam geëet het. Reis verder na die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge. Sien die uitgrawings van Petrus se huis en die bouvalle van ‘n Sinagoge uit die tweede eeu wanneer ons tyd in Kapernaum deurbring. Aandete en oornag in TIBERIAS (O)(A)

Dag 6: Vrydag, 01 April KARMEL – MEGIDDO – CAESAREA – BETLEHEM
Ons eerste stop is die berg Karmel vanwaar ons die indrukwekkende uitsig oor die vlakte van Armageddon geniet, waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal plaasvind. Dit is hier waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het. Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein. Ons volgende stop is Megiddo met geleentheid om deur die watertonnel te stap. Die opgrawings toon rondom 26 nedersettings op mekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000 v.C. dateer. Josua het die stad ingeneem en gedurende die regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was. Reis verder na Caesarea Maritima en besoek die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en die gerestoureerde Romeinse amfiteater. Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodes die Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius. Ons volgende stop is Betlehem, die geboorteplek van Christus. Sien die herdersvelde voordat besoek gebring word aan die geboortekerk wat beskou word as die oudste ter wêreld – gebou oor die grot wat aangedui word as die plek waar Jesus gebore is. Aandete en oornag in BETLEHEM (O)(A)

Dag 7: Saterdag, 02 April JERUSALEM
Ons bestemming is Jerusalem, die stad van vrede soos daarna reeds vroeg in die Bybel verwys word. Ons toer van Jerusalem begin by die Olyfberg of Olivet vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het. Hier van die Olyfberg af het Jesus sy dissipels gestuur om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem binnegery het. Vertoef in die Tuin van Getsemane waar Jesus gebid het. Judas het Jesus hier verraai en is Hy na Kajafas geneem om aangekla en verhoor te word. Die “Kerk van alle Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Besoek dan die huis van Kajafas die hoëpriester, bekend as “Petrus in Galicantu”. Dit was hier waar Petrus die Here drie maal verloën het. Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. Besoek dan die Stad van Dawid waar die tonnel van Hiskia en die bad van Siloam vandag nog te siene is. Stap met die droë tonnel langs na die Suidelike trappe wat na die eertydse tempel gelei het. Sluit ons besoek aan die Ou-stad by die klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode af voordat besoek gebring word aan die Bo-vertrek waar die Heilige Gees uitgestort is, en waar Jesus en Sy dissipels die “Laaste Avondmaal” genuttig het. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

Dag 8: Sondag, 03 April BETANIË – JERUSALEM
Besoek vanoggend Betanië waar die graf van Lasarus vandag nog te sien is. Keer terug na die Ou-stad en stap na die Bad van Betesda en sien die kerk van St Anne. Sien die vesting van Antonio, waar Jesus verhoor is en die plaveisel waar Hy sy kruis opgeneem het. Volg die roete van die Via Dolorosa of lydensweg wat begin by Pilatus se verhoorsaal. Besigtig die skaalmodel van Jerusalem wat by die Israel museum geleë is. Sien die “Shrine of the Book” wat in die vorm van ‘n groot kleipot gebou is waarin die Dooie See-boekrolle ontdek is. Geniet vrye tyd in die Ou-stad van Jerusalem. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

Dag 9: Maandag, 04 April ABU GOSH – SILO – JERUSALEM
Begin ons dag by die Tuingraf af waar u op ‘n toer van die terrein geneem word. Een van die plaaslike personeel sal verduidelik waarom hierdie plek die waarskynlike graf van Jesus is. Geniet ‘n pragtige uitsig oor Golgota wat ook bekend staan as Gordon’s Calvary. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Vertrek dan na die imponerende dorpie van Abu Gosh, met sy belangrike Christelike inslag en Kruisvaarderkerk, ook bekend as Emmaus. Bring besoek aan Silo, ‘n antieke stad wat in die Ou-Testament na verwys word. Dit was die hoof aanbiddingsplek vir die Israeliete voordat die eerste tempel in Jerusalem gebou is. Dit is in hierdie omgewing waar die ark en tabernakel gedurende die tyd van die Rigters gesetel was, en waar Hanna se seun Samuel die Here onder leiding van Eli gedien het. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

Dag 10: Dinsdag, 05 April JOHANNESBURG
Reis vroegoggend na die lughawe vir die direkte El Al lugredery terugvlug wat om 10:00 na Johannesburg vertrek. Stryk om 17:55 op Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale lughawe neer; ryk aan herinneringe en verryk in die gees. Eendag maak ons weer so! (O*)(M*)

(O) – Ontbyt (M) – Middagete (A) – Aandete (*) – Ete aan boord die vlug
NOTA: Reisplan is onderhewig aan verandering na gelang van tydskedules en veiligheidsituasies.

Registrasievorm

*Deur jou besonderhede te stuur aan voelgoed.co.za aanvaar jy die B’s en V’s. ( Privacy Policy and Notice – Voelgoed

Besprekings en betaling

TOERPRYS
R39,980 per persoon wat deel, soos op 13 April 2021 saamgestel:
• Spesiale Groep-lugreisgeld: R8,254 (onderhewig aan beskikbaarheid tydens bespreking)
• Landreëlings: R31,726 / US$ 2,188
• Tariewe word deur die diensleweraars teenoor die Amerikaanse Dollar tot op R14,50 gedek. Die Randwaarde van ons toerprys sal met balansbetaling aangepas word indien die Rand sou verswak.
Reisversekering word ten sterkste aanbeveel en kan deur ons kantoor uitgereik word. Weens die beperkte aantal sitplekke beskikbaar vir hierdie toer, word u inskrywing en deposito so gou as moontlik benodig om u sitplek te verseker. Toerprys is gebaseer op ‘n minimum van 48 passasiers wat saamreis.

DEPOSITO BETAALBAAR MET REGISTRASIE
• Vir diegene jonger as 70 jaar: ʼn Nie-terugbetaalbare deposito van R5,000 pp plus R1,130 reisversekering
• Vir diegene 71 – 80 jaar oud ʼn Nie-terugbetaalbare deposito van R5,000 pp plus R2,830 reisversekering
Die deposito is betaalbaar met registrasie, om die geldigheid van die maksimum reisdekking wat die polis bied, te verseker.

BALANSBETALING
Die balans van die toerprys is 8 weke voor vertrek betaalbaar, en die wisselkoers van die dag sal op die Randwaarde van ons toerprys van toepassing wees. Maak asb seker dat u fondse dan beskikbaar is aangesien balansbetaling weens die wisselvalligheid van die Rand, sowat 72-uur na fakturering betaalbaar is.

INGESLUIT

  • Ekonomiese retoervlugte insluitend inboek-bagasie, lughawebelasting en brandstofheffing
  • Lughawe hotel retoer oorplasings soos per program
  • Ontbyt en aandete daagliks soos per program
  • Vierster akkommodasie
  • Geregistreerde Engelssprekende toergidse en luukse toerbusse
  • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
  • Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere, hotelpersoneel
  • Rooi See bootvaart met middagete aan boord

UITGESLUIT

  • Opsionele enkelkamer US$110 per nag
  • Reisversekering vanaf R1,130 vir onder 70-jariges, R2,830 vir onder 80’s.
  • Senior polis op aanvraag beskikbaar

Stargate International groeptoer operateurs besonderhede:

Bankbesonderhede:

STARGATE INTERNATIONAL, ABSA Bank, Eastlands – tjekrekening
Takkode: 632005 Rekening Nommer: 1022810355

Kontakbesonderhede:

TEL: 011 918-7567 / 918-7612
FAKS: 011 918-7632

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A