Bybeltoer na Israel

0
7491
Israel toer

Liesel en Siebert Wiid was onlangs die toerleiers van Finesse se Bybeltoer, en vir die eerste keer het ons drie Bybellande, Israel, Egipte en Jordanië, besoek.

Die Genade-en-genesing-toer was ’n unieke wegbreek waartydens ons al die bekende bestemmings, soos die Dooie See, die See van Galilea en Jerusalem, besoek het, asook die omliggende dorpe soos Kapernaum en Bethlehem, die berge Karmel en Masada, die tuin van Getsemane en die Berg van Saligsprekinge.

Ons het oornag by die heilige berg Sinai, waar Moses die Tien Gebooie ontvang het.
En op die kruin van Sinai is douvoordag Bybelstudie gehou, met die sonsopkoms oor die woestyn.

Die hoogtepunt was die bootvaart in ’n skuit soos dié waarin Jesus en Sy dissipels gevaar het. Liesel het ’n spesiale diens op die boot gehou oor die vermeerdering van die vissies en die brode.

Toer 28 September tot 10 Oktober 2018 saam met Finesse.
Bespreek by Braam (Stargate International) 011 918 7567.

KLIEK HIER om die skematiese REISPLAN af te laai.